runna-10/istock image
Die 11 grootste dekorneignings vir 2019 waarvan jy nou moet weet deur Cornel Dunn. Hooffoto : runna-10/istock
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Vakmanskuns maak jou vertrek intiem. Dit verskuif die grense van die tegniese na die natuurlike. Soek entrepreneurs wat handgemaakte items verskaf, eerder as om massa-geproduseerde produkte te koop.
#rrWenk: Loer gerus op die rooirosewinkel om plaaslike entrepreneurs se skeppings te koop! Klik hier
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Pod lamp (R2 600) The Artisan
Lees ook: Jou dekorwoordeboek vir 2019
Vanjaar is daar ’n neiging na natuurlike en industriële stowwe soos klip, koper, sement en graniet. Hierdie elemente bring ’n aardse gevoel na enige ruimte in jou huis.
#rrWenke: Veral sementoppervlakke in die kombuis en badkamer is gewild.
Lees ook: Hoe om die 5 belangrikste beleggings vir jou huis te maak
P_Wei/istock
Diegene wat gedink het fluweel is outyds en stowwerig, dink weer. Hierdie materiaal kry baie aandag en ontwerpers sien dit as die jongste neiging vir 2019.
Lees ook: Die beste wenke vir ’n klein spasie
AnikaSalsera/istock images
Blompatrone is terug. Botanies word effe opsy geskuif vir die ou bekende antiek-sjiek weergawe van blomme. Gebleikte blommotiewe is veral gewild.
Lees ook: 4 mooi maniere hoe jy nou blompatrone in jou huis kan omhels
Kussing (R159.99) Mr Price Home
Koper het roosgoud vanjaar op die agtergrond gedruk. Veral verouderde koperitems is nou gewild.
Lees ook: Hoe om Crème Brûlée, Dulux se kleur van die jaar, te gebruik
Copper Diamond -vrugtebak (R99.99) Mr Price Home
Ontwerpers kies hierdie seisoen helder kleure soos rooi en pienk in kombinasie. Moenie bang wees om hierdie kontrasterende kleure te meng nie. Geruite of geblomde rooi teen ’n pienk agtergrond is vars en nuut.
Lees ook: Agter die kleurryke skerms van rooi rose se dekorartikels
runna-10/istock image
Swart-en-wit dekor is steeds groot. Die uiteenlopende skakerings sal drama en balans in jou huis verseker. Bring met huisplante ’n tikkie groen in vir ’n perfekte palet.
Lees ook: Die mooiste wenke vir kinderkamers
KatarzynaBialasiewicz-/istock
Dink pienk! Ook in 2019 is ’n wye reeks van die kleur gewild. Raak kreatief en bring die kleur in jou huis in.
Lees ook: Skep só ’n tuiskantoor
KatarzynaBialasiewicz /istock
Baie mense sal verbaas wees om te sien dat die antiek- sjiek neiging terug is. Kies ’n mooi kroonkandelaar om hierdie terugkeer te vier.
#rrWenk: Dit skakel baie mooi in by die geblomde materiale wat ook nou weer gewild is.
Lees ook: Die mooiste inspirasie vir jou Paastafel
8- Arm kroonkandelaar (R2 000) Mr Price Home
In 2018 was geel oorweldigend. Wel, nou gaan dit ’n treetjie verder! Geel is die kleur wat geluk, selfvertroue en sprankel in jou woonplek bring.
Lees ook: Skep ’n huislike gastekamer
2.5-Sitplekbank (R6 000) Mr Price Home
Hemelbeddens maak ’n terugkeer, en is ook deel van die antiek-sjiek neiging. Kies slim sodat die bed nie jou kamer oorheers nie.
Lees ook: Maak self ’n kopstuk
Tom Merton/istock
Mr Price Home | mrpricehome.com
The artisan |the-artisan.co.za
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.