kategorieë: DieetGesondheid

Die 10 beste dieetkosse

Die 10 beste dieetkosse deur Salomé Delport. Hooffoto: Brina Blum vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Is die swaarste deel van dieet nie dat jy op al wat koolhidraat is moet sny nie, selfs al bant jy?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die snoepgoedjies soos tjips, sjokolade en beskuit is taboe en selfs taamlik gesonde koolhidrate soos brood, aartappels en rys word streng beperk. Banters moet hul lus blus vir álle stysel, van pizzas tot polenta.

Maar eerder as om op ons beperkings te fokus is dit meer motiverend om te kyk na al die heerlike, beter opsies, soos hierdie:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die 10 beste dieetkosse

1. ’n Eier

Die wit is propvol topgehalte proteïen – genoeg vir een van jou daaglikse porsies. Die geel voorsien uitstekend in jou daaglikse behoefte aan verskeie voedingstowwe, soos 19% van jou vitamien A, 42% van jou vitamien B2, 28% van jou B5, 46% van jou B12, 60% van jou cholien, 15% van jou vitamien D en 11% van jou sink.

’n Eier het minder vette as ’n teelepel botter, en die vette is in ’n gesonde balans. Dis maklik om ’n gekookte eier werk toe te neem. Spaar tyd en kook drie, vir die volgende paar dae. ’n Eier verryk jou dieet met voedsaamheid en krag: voeg dit by jou slaai; as jy bant, bak dit met olyfolie en kry selfs meer gesonde olies daarmee saam; of roer dit en strooi ’n lepel gekapte pietersielie oor, wat jou 80% van jou dag se vitamien K en 15% van jou vitamien A bygee.

Hou by een eier per dag.

Lees ook: 3 eier-mites waaronder jy nie moet ly nie

2. ’n Kaaswiggie

Maklik om in te pak werk toe.

Die halwe teelepel vet daarin is versadigend, wat help om ontydige hongerkolletjies te verdoof, én dit verseker dat jy 10% van jou dag se kalsium vir jou skelet inkry. Met net 1 g koolhidrate kan selfs banters ’n kaaswiggie geniet.

Hou by 1 of 2 per dag, omdat dit taamlik baie sout bevat.

Lees ook: ’n Lys van die 10 kosse wat die meeste sout bevat

Die 10 beste dieetkosse

3. Avokado

Help om jou insulienvlak stabiel te hou. Insulien sneller jou honger. Alles wat hiermee help, is ’n reusevoordeel.

Dit is ook die enigste vrug met proteïen. Die ander bevat hoofsaaklik suikers.

Dit is ook die vrug met die heel meeste vesel. Jy kan nou sukkel met daaglikse gereeldheid omdat jy die veselryke koolhidrate wat hiermee help, soos volgraanbrood en vrugte, beperk.

Boonop is avokado’s ryk aan folaat, wat jou brein en senuweestelsel voed, asook kalium, vitamien A, C, E en K. Hou by ’n kwart avokado omdat dit taamlik baie kilojoules bevat.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor avokado’s

Sorbitol kan help vir hardlywigheid

4. Groensap

Groensap bevat so te sê geen kilojoules nie. Jy kan laat waai!

Gebruik ’n stokmenger en kap ’n koppie babaspinasie en 10 cm komkommer fyn. Geur na smaak met pietersielie, jonguie, aarbeie of gemmer. Vul op met water en hou in die yskas.

5. Sampioene

Dit is so te sê kilojoule-vry. Sonbaai jou sampioene vir vitamien D! Het jy geweet dat as jy sampioene vir tien minute of so in die son sit, verhoog dit die vitamien D-inhoud daarvan in so ’n mate dat dit as ’n uitstekende bron van vitamien D erken word?

Lees ook: Hoekom jy vitamien D en sonskyn nodig het

6. Kefir

“Plantjie”-jogurt is baie koel, en verskaf jou net soeveel kalsium soos gewone jogurt. Die plantjie gedy veral in die somer – maak jou eie tuis!

Lees ook: Hoekom kefir goed is vir jou

iStock/vonEisenstein

7. Chiasaad

Vir interessantheid én voedsaamheid. Een eetlepel bevat 2 g proteïen. Dit is ook ’n ryk bron van B-vitamiene, gesonde vette, kalsium, magnesium en sink.

8. Gedroogde klapper

Hierdie soet bederfhappie laat jou lekker lank kou. Een eetlepel bevat 2 g koolhidrate en 2 g vette.

9. Geroosterde seegrashappie (Roasted seaweed.)

’n Lekker southappie met 2 g vet, 1 g proteïen, 1 g vesel en geen koolhidrate nie.

Foto: iStock/AnjelaGr

10. Aarbeie

Meer water as kilojoules en ryk aan vitamien C.

Lees ook: 11 maklike happies vir laer cholesterol

Die 10 beste dieetkosse

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.