Almal sê altyd die tweede baba is makliker, en dis waar,” sê Diaan Lawrenson wat die rol van Paula van der Lecq de Bruin in die gewilde sepie 7de Laan vertolk, “maar dit beteken nie ’n mens is minder bang nie!”Soos met die geboorte van haar en die akteur Jody Abrahams se eerste kind, Olivia Rose (3), is hul seuntjie, Thomas James, op 12 Februarie vanjaar ook met ’n keisersnee in die lewe gebring.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Ek het presies geweet wat wag en in ’n mate maak dit alles erger. Daardie wete dat jou maag oopgesny gaan word terwyl jy wakker is en dan moet jy boonop glo dit gaan nie seer wees nie – dis al of daar ’n deel in jou brein is wat dit net nie wil aanvaar nie. Maar dié keer het dit vir my gevoel asof ek meer ‘in’ my lyf is en in beheer is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }En dit het natuurlik alles gebeur terwyl Jody soos ’n rugbykommentator te kere gaan! Hy het heeltemal van my vergeet en net op sy movie gefokus. Die narkotiseur was wonderlik. Hy het die hele tyd my hand vasgehou, my in die oë gekyk en gesê alles gaan oukei wees. En intussen skree Jody aanmekaar hoe awesome is alles wat daar aan die gebeur is,” vertel Diaan die storie te midde van ’n groot gelag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Nee kyk, toe ek daai teaterpakkie aantrek, het ek myself so gekyk en gedink ek sou darem ’n mooi dokter gemaak het,” spot Jody op sy beurt.
Diaan en Jody het van die begin af moeite gedoen om Olivia te laat deel in die avontuur van ’n nuwe baba.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Ek en Olivia het soveel spesiale ervarings gehad toe ek swanger was. Jody het die grootste deel van die nege maande in die Kaap aan ’n produksie gewerk en Olivia was regdeur die swangerskap eintlik vir my soos ’n partner. Sy is saam met my na elke skandering om na haar boetie te kyk. Sy het gesien hoe hy groei, sy klere help kies en selfs ’n gevoel van verantwoor-delikheid teenoor hom ontwikkel.
“Ek was nogal siek – sewe maande lank was ek konstant naar! Wanneer ek gaan lê het, het sy by my kom sit en my rug gevryf, of klein goedjies gedoen om te help. Ons het ook vir haar ’n present gekoop wat kamtig van hom af kom en een vir hom van haar af. Alles gaan nou goed tussen die twee.”
Met haar eindelose naarheid en al, was die swangerskap vir Diaan ’n wonderlike ervaring. “Ek het al klaar in die hospitaal gehuil omdat ek weet ek gaan nooit weer swanger wees nie. Dis so ’n spesiale ervaring, maar ons fabriek is nou gesluit!”
Diaan lyk goed. Tevrede, al het sy glo nou meer kurwes as voorheen:
Die baba het “bloot toevallig” volbloed-familiename gekry. James is die naam van Jody se oupas aan albei kante van die familie. Diaan se liefling-oupa, Stefanu , is verlede jaar oorlede. Haar ander oupa heet Thomas.Op die ou end het hulle besluit om al die oupas te betrek en op sy geboortesertifikaatstaan nou Thomas James Stefanus Abrahams! ’n Sedige mondvol vir so ’n rustige babaseuntjie wat heeltyd lag.
In ’n vorige onderhoud met Diaan was sy opgewonde oor die vooruitsig om met Jody te trou. Sy het vertel hoe goed hul persoonlikhede mekaar aanvul omdat hy dinge vat soos dit kom terwyl sy ’n lysie-mens is. Intussen het die lewe gebeur en twee kinders later is hulle steeds verloof en sal moontlik aan die einde van die jaar trou.
“Ons wil graag hê altwee die kinders moet ’n bietjie groter wees sodat hulle ook deel van die verrigtinge kan wees,” sê sy. Albei kom uit geskeide huise en dit is hul grootste wens om lank en gelukkig saam te wees sodat hul kinders die geleentheid het om saam met albei ouers in een huis groot te word.
“’n Kind se lewe is net soveel ryker wanneer hy saam met die ma en pa in een huis grootword,” sê Diaan. “Hulle het eienskappe van albei van ons en wanneer ons saam is, kan hulle speel-speel leer wanneer daar iets aan die gang is waarin hulle belang stel. Jody hou van kos maak en doen al die kook- en bakwerk. Hy het verlede jaar vir Olivia ’n Winnie the Pooh-koek vir haar verjaardag gebak, en vanjaar was dit ’n Barbie-koek.
“Olivia begin nou saam met hom kook. Jody het miljoene potjies speserye in die kombuis en sy sit altyd by haar Jodes (soos sy hom noem) en ruik aan alles terwyl hy vir haar verduidelik watter speserye dit is en wat jy daarmee doen.
“Dis só spesiaal! Sy maak kamma ook kos en vertel van die eiers, meel en spices wat sy ingooi. Dis te oulik! Wanneer ek die twee so saam in die kombuis sien, wil ek net huil. Ek sou dit nooit vir haar kon leer nie.”
“Wat my betref, het ons net nie ’n ander keuse as om die verhouding te maak werk nie,” beaam Jody. En wat het van al die lysies geword? “Ek maak hulle steeds. Hulle is net langer.”
Jody maak groot oë en voeg by: “Ek kry lysies in elke kas wat ek oopmaak!”
Diaan is gou op die verdediging:
Olivia mik vir my foon en Jody berispe haar. “Jy wil nie jou foon vir haar gee nie. Sy weet hoe om by enige plek uit te kom. Kan ’n tablet binne minute baasraak. Hulle het ’n natuurlike aanvoeling vir tegnologie omdat hulle nie so bang is daarvoor soos ons nie,” sê Diaan.
(Olivia wys vir ons een van haar eerste krabbelprentjies en ons gaan te kere oor hoe mooi dit is. Die kind blom! Haar naels is pienk en pers geverf – ’n regte girly girl.)
En Jody, is hy nou al meer georganiseerd? “Nee wat, met kinders moet jy dinge vat soos dit kom en jy moet bereid wees om ’n paar aanpassings en opoĀerings te maak,” sê hy.“Soos sy kar,” voeg Diaan laggend by.“Ag, ja ek het nou al lankal aanvaar dat my kar nooit weer dieselfde gaan wees nie!”
“En ’n skoon kar is vir Jody baie belangrik,” terg Diaan.“Kinders leer ’n mens om te chill, sê Jody. Mense maak al eeue lank kinders groot en maak ’n plan waar nodig en oorleef. Dis soos regie – you just go with the fl w … Kinders is kinders.”
Die twee vul mekaar perfek aan en is ’n gedugte span. Maar kinders het tog maar ’n invloed op enige verhouding, maak nie saak hoe waterdig nie? Die kinders het ons ook sterker gemaak, sê hulle uit een mond.
“Maar,” voeg Diaan by, “met Olivia het ons in ’n stadium ’n bietjie van ’n wobble ge-strike. Ek dink dit gebeur met almal ná ’n eerste kind. Goed waarvan jy nie eens weet nie, verander! Goed waarvoor jy nie eens woorde het nie, of waaroor jy glad nie kan praat nie. En ek was verskriklik! Ek het ’n vreeslike fobie gehad oor al wat ’n kiem is!”
Jody skud net sy kop. “Sy was al so voor Olivia. Jy moes gesien het hoe gaan sy aan wanneer ek ná ’n jag- of visvangtog by die huis aankom. Sjoe! Omtrent ’n storie om eers seker te maak ek is ‘kiemvry’ voordat ek by die huis mag inkom,” skerts Jody.
“En buiten die hele kiemfobie, was dit ook vir my moeilik om weer ’n normale sosiale lewe te lei. Om weer terug te kom in ‘my ou lewe’ terwyl ek die hele tyd net my dogtertjie wou beskerm. Destyds het baie min van ons vriende babas gehad en dit het onnodige druk op my en Jody gesit. Dis nou anders. Hierdie keer het ons presies geweet wat wag en doen ons alles as ’n span,” sê Diaan.
Die twee praat met groot volwassenheid en insig oor ouerskap. Dis duidelik dat die kinders nou hul lewe is. Soos Jody sê, jy moet dit aanvaar en daarby aanpas. “Maar moenie vergeet nie, hulle het ook betekenis aan ons lewe kom gee,” sê Diaan.
“Jou kinders definieer jou en op die ou end is hulle ons nalatenskap. Jy moet kies wat vir jou belangrik is en daarop fokus. Dis belangrik om vir hulle die beste te gee en te doen wat jy kan. En hulle vra nooit iets in ruil daarvoor nie, net liefde. Dit gaan oor die hier en die nou. Elke minuut saam met hulle is kosbaar. As jy jou oë uitvee, is dit verby,” voeg hy by.
“Ons het ook geleer om baie versigtig te wees en vyf keer te dink oor alles wat ons doen en sê. Olivia is baie volwasse vir haar ouderdom en kom onmiddellik agter wanneer die atmosfeer verander. Wanneer daar wrywing tussen my en Jody is, sal sy onmiddellik vra of ons kwaad is vir mekaar. En ek kan nie vir haar jok nie – ek moet vir haar verduidelik wat aangaan en haar verseker dat ons nog lief vir mekaar is en … ”
Jody, grapjas wat hy is, voltooi Diaan se sin: “… Mamma is kwaad vir Pappa, want hy het al wéér in sy nuwe broek aan die kar gewerk en nou is dit vuil, maar sy kan hom maar net in die was gooi.”
“Daardie klein ogies sien alles,” sê Diaan. “Dis ’n cliché, maar dit maak ewe skielik sin, want ons moet na onsself omsien, na mekaar ook, gesond wees, anders kan jy nie ’n goeie ouer wees nie.”
Soos alle ma’s probeer sy ook om dagboek te hou van die kinders se ontwikkeling maar sukkel om by te hou: “Olivia raak veral nou sulke oulike sêgoed kwyt. Sy sê vanoggend vir my, ‘daai clothes that you bought me yesterday, I … lóóóve it!’ En nou die dag gaan sy na Jody toe en sê vir hom” ‘Jodes, I love you sóóó múch.’ ’n Mens se hart verkrummel,” sê Diaan.
Jody se oë word waterig. Olivia trippel weg en ons hou die figuurtjie dop tot sy om die hoek verdwyn. “Kyk hoe mooi is daai kind,” sê Diaan met die liefdevolle bewondering wat net ’n ma sal ken.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.