Diaan gesels oor pienk hare en haar skoonheidsgeheime deur Suzanne Kotzé. Video: Corné Greeff. Hooffoto: Leana Clunies-Ross
Ons het vir Diaan gevra om ons te vertel hoe dit voel om pienk hare te hê én sy verklap ’n paar skoonheidsgeheime! Loer hier na die video.
Video: Corné Greeff.
Pienk haarkleur-wenke
Diaan se haarstilis Megan Lakey van Tosca Hair, Durbanville gee vir ons ’n paar ‘pienkhaar-wenke.’
1 Onthou dit voor jy kleur
- As jy ’n brunette is sal jou hare eers gebleik moet word voordat jy pienk of ander pastelle kan oorweeg. Onthou om ’n salonbehandeling te doen saam met die bleik, want dit kan jou hare se toestand baie laat verswak.
- Hoe ligter jou hare is, hoe helderder sal jou pienk kleur lyk.
Lees ook: 8 dinge wat elke donkerkop moet weet voordat sy haar hare blond wil kleur
2 Watter tipe haarkleur kies jy?
- Permanent: Hierdie bly lank in soos gewone kleur. Goldwell Elumen Permanent Fashion Color is baie gewild, maar dit kan slegs weer uitgehaal word met ’n spesiale prosedure in die salon.
- ’n Semi-permanente kleur sal uitwas soos gewone haarkleur.
- Uitwas-modekleure soos sproei of kryt is ’n goeie idee om te toets as jy nog nie gereed is om jou tot ’n permanente kleurverandering te wend nie.
Vir Diaan het Megan pienk en wit Schwarzkopf Color Works kleur gemeng.
Lees ook: Die beste haarstyle vir fyn hare
3 Tuis-sorg is belangrik
As jy jou hare goed versorg tuis, sal die kleure langer en mooier hou. Diaan het die Schwarzkopf Blonde Me tuissorg-produkte gebruik om haar kleur mooi te hou. Dit help dat die kleur met tyd mooier uitwas.
Lees ook: Die bikini-wasgids wat elke vrou nodig het
Pienk is groot!
Dior
Kyk net hoe mooi is Dior Beauty se Lente “Lolliglow” 2019 veldtog wat onlangs bekend gestel is. Ons is mal oor die pienk hare, grimering en naels!
Lees ook: Hoe om die kenmerke van ontwerpers te verstaan
Marc Jacobs
By Marc Jacobs se MJSS19 vertoning het modelle ook pienk hare gehad.
https://www.instagram.com/p/BnwiL2LFh1n/?utm_source=ig_share_sheet&igshid=amweac382vtf
#rrWenke: Probeer hierdie uitwasklere waarvan ons hou