kategorieë: Ontspanning

Dewald Wasserfall stel binnekort nuwe CD vry

Sy sukses met “Vergeet wat jy weet van liefde”, “Eendag as ons groot is” en “Sewentien” het hom Ghoema en Tempo-toekennings besorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nog goeie nuus is dat hy later vanjaar landwyd toer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dewald sê sy bewonderaars moes lank wag vir die nuwe album omdat die hele produksiespan rêrig hard gewerk het om seker te maak hulle bring ’n album uit met net die beste materiaal wat hulle op die oomblik kan vervaardig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy slaag daarin om emosie oor te dra met sy liedjies.
“Mense het baie goed gereageer op my werk. Ek het nooit geweet soveel mense identifiseer met dieselfde probleme en temas as ek nie. Dis ’n ongelooflike gevoel om te weet jy’s nie alleen nie. Jy word aanvaar.”

Die inspirasie en tema van liedjies op die nuwe album kom uit sy reise die afgelope twee jaar.
“Dit het beslis bygedra tot liedjies soos ‘Amsterdam’, asook ‘Stroom op en been-af’, wat ek in Venesië geskryf het. Die temas is beslis breër as op die vorige album. Ek raak ’n bietjie aan liefde, maar ook aan hoop, oorwinning en selfs ’n klein stukkie politiek.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die nuwe album het ’n vars klank.
“Dis grootendeels te danke aan my kitaarspeler en goeie vriend, Danny Smoke. Hy het die meeste van die verwerkings gedoen. Ek het ook bietjie meer volwasse geword, en wou graag ’n meer internasionale klank skep vir die album. Johan Vorster het saamgestem dat dit tyd is vir iets nuuts in Afrikaans. Die klank is die produk van ’n handjievol mense wat saamgewerk het aan een doel.”

Hy werk lekker in ’n span saam met Johan Vorster, beken hy.
“Ek ken vir Johan al sedert ek EDEN se beligting begin doen het in 2008. Ons het ongelooflik baie professionele respek vir mekaar, en die verhouding is van so aard dat ons mekaar kritiek kan gee … negatief en positief natuurlik. Hy is ’n meester in sy veld, en dis ongelooflik inspirerend om saam met hom te werk, en by hom te leer. Ons het ook saam met Christoph Kotze geskryf, wat ’n baie positiewe energie na die hele projek verleen het. Hy is ongelooflik talentvol en energiek.”

* Sluit sommer vandag nog aan by sy 21 000 Twitter-volgelinge as jy op die hoogte wil bly van alle nuus rondom die nuwe CD en opkomende vertonings @DewaldWasserfal

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

2 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

20 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

21 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

1 day Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.