kategorieë: Blogs

Deur ’n venster

Ek wat Frikkie Kraamwinkel is het 52 jaar gelede deur kommunistiese Joegoeslawië gereis. Dit was ‘n brandarm land en bevolking. Maar die land was pragtig en die mense innemend van geaardheid en ek wou graag weer terugkeer. Toe my seun Emile en sy liewe vroutjie Irma dus voorstel ons trek die wandelskoene aan, was ma Rina ewe opgewonde en voorlank was ons in Kroasië.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deur hierdie venster het ons ver teruggekyk op die glorietyd van Hvar, toe die dorpie, uit die steentydperk voor Christus, tussen die 14e en 17e eeu onder Venesiaanse beheer ‘n wonderlike bloeitydperk met 7 000 inwoners bereik het. Nou tel hulle nog nie eers 4 000 nie. Destyds was dit ‘n vername Venesiaanse vlootbasis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Pragtig om te hoor was die klok in die kerktoring wat oor honderde jare nog steeds die verbygegane ure aflui. Eers is daar ‘n soort van gerammel soos die uurwerk in beweging kom. Dan beier die aanhef tot die uur oor die dakke van die dorpie en die see waarna die uurtelling met reëlmaat afgeslaan word. Nadien is daar nog ‘n flouer twee slae soos die klepel in ewewig kom en stilweg gereed hang om die volgende uur te aan te kondig.

In hierdie ruines van die Palazzo Leporino is ‘n hele klompie huise gebou met ‘n heel aardige restaurantjie wat deur hierdie vensterboog op die res an die dorpie teen die berg uitkyk. Effe meer links staan die Spanjola Fort wat sedert 1551 steeds oor die hawedorp die wag hou. Die aantreklik gedekte tafeltjie by die venster was ‘n natuurlike eerste keuse vir die keurige Kroasiese geregte waarvan die resepte oor eeue heen van geslag tot geslag in geheimhouding oorgedra is.
In vergelyking met ander spoggerige klipbouwerke uit die tyd, reken ons is hierdie muur is maar taamlik haastig gebou. Die klippe is net so min of meer in fatsoen gekap en toe ingemessel. Asof dit haastig moes gaan want die vyande, waaronder seerowers, was destyds ook maar nie min nie. Hvar het juis gunstig op die seeroete tussen Venesië en die Oosterse spesserybronne gelê en op die manier eintlik gevra het om onder skoot te kom. Van die vasteland af het die Ottoman leërs ook hule deel tot haastige mure bou bygedra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Eers toe ons omtrent 100 meter hoër met trappe geklim het tot by die Spanjola Fort, kon ons merk dat nadat die fort in 1551 voltooi is, die yslike kanonne waarmee die vesting bewapen was, ontsag oor die see sou kon afgedwing het. Toe mag die mense meer tyd gehad het om pragtige klipgeboue op te rig waarvan die klippe in baie gevalle so sekuur gebytel is dat dit sonder enige bindmiddel eenvoudig in mure opmekaar gepak is.

Die rooi- en witwyn in die glimmende glase het ons op’n verbeeldingsvlug na die sentrale en suidelike bergagtige wingerdgebiede van die eiland geneem. Deur die venster kon ons berghange vol wingerd sien wat nog uit Venesiese tyd al wyn laat vloei het toe daardie ondernemende Italianers wingerde en die fynere kuns van wynmaak na die eiland oorgedra het.

Tussendeur die wingerdplase sprei daar olyfboorde, edelkastanje, laventel en welriekende roosmarynaanplantings. Die laventel en roosmaryn wat ons so heerlik in die vars seelug kon ruik is van Hvar se mees gesogte produkte in die Franse parfuumnywerheid.

Deur die venster het op die ligte seebries teen die berghang op gedra die klanke van kitare en trompette van onder uit die hawekant op ‘n alles meevoerende melodie gevloei. Soos in ‘n towerspel het dit Hvar met die hele wêreld bevriend en ‘n ieder en ‘n elk genodig om met vreugde te kom deel in die besondere oudheid en uniekheid van hierdie eiland waar so baie onverwagte verassings en wonderlike ervarings verborge skuil en net wag om ontdek te word.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

15 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

45 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.