kategorieë: WenkeMode

Deur die son verbrand? Dra hierdie

Watter materiale kan jy dra?

Satyn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Satyn word uitgeken aan die een kant wat blink en die ander kant wat dowwer vertoon. Die gare word in ’n baie spesifieke tegniek geweef om die sysagte, vloeiende vorm te kry, daarom is dit een van ons gunstelinge tydens ’n sonverbrande fase.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy

Sy word as die luukser weergawe van satyn beskou. Dit is ’n natuurlike proteïenvesel wat oorspronklik van ruspes en moerbei-sywurms verkry is. Die wildesy is aansienlik duurder as die sy wat vir massa-mode gebruik word wanneer dit met ander stowwe gemeng is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sjiffon

Sjiffon is vroeër jare slegs uit sygare vervaardig, wat dit ook daardie kenmerkende sagte gevoel gee, maar met die ontwikkeling van massa-mode is nylon en poliëster eerder gebruik. Dit word herken aan sy deurstigtige voorkoms en net-tekstuur.

Materiale wat jy moet vermy

Denim

Hoewel denim ’n geliefde materiaal is, sal jou gunsteling jean of baadjie ongelukkig vir ’n rukkie in jou kas moet bly. Die some en stik-detail is geneig om hard te wees en kan jou vel skaaf. Dit is ’n stywer materiaal wat veroorsaak dat dit teen jou vel skuur as jy baie rondbeweeg.

Stywe rekke

’n Stywe rek is opsigself ’n ongemaklikheid en dit is net nóg erger as jy deur die son gebrand is. Rompe en afskouertoppies is geneig om stywer rekke te hê omdat dit spesifiek bo moet bly – selfs frokkies met dun bandjies kan ’n suur gesig veroorsaak. Vermy ook bra’s wat styf sit – as dit moontlik is, kies vir die rukkie wanneer jy die ergste seer het ’n bralette of ’n sagte sportbra met dik bande wat nie te styf teen jou vel druk nie.

Te veel detail

Kledingstukke met baie borduurwerk, blink knoppies en aanstryklappies is geneig om harde gedeeltes op die materiaal te vorm en kan jou vel seermaak. Hou eerder by eenvoudige items en maak seker dat ’n item wat wel versier is, uitgevoer is.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

10 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

10 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

11 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

11 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

12 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

16 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.