kategorieë: Skoonheid

Detoks jou voorkoms

1 Bly een dag per week grimeringvry

Só sê dr. Ian Webster, ’n Kaapse dermatoloog en eienaar van dermastore.co.za. Grimering, en veral onderlaag, kan 20-25 bestanddele bevat, onder meer preserveermiddels en pigmente. Wanneer jy een dag per week nie grimering dra nie, gee jy jou vel kans om asem te haal en natuurlik te funksioneer. Dis op die dag ook nie nodig om jou gesig diep te reinig nie omdat dit jou vel kan uitdroog.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Hou vervaldatums in ag

Altesame 97,4% van die studente wat aan ’n gevallestudie (Investigation on the Use of Expired Make-up and Microbiological Contamination of Mascara), deelgeneem het oor die gebruik van grimeermiddels wat reeds verval het, het erken dat hulle hulle nie aan die vervaldatum steur nie. Altesame 70% van dié groep het maskara gebruik wat skadelike bakterieë bevat en tot ooginfeksies kon lei. Gooi liewer ou produkte weg as om geld aan medikasie te bestee!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar behoort op die agterkant van die meeste verpakkings ’n simbool te wees wat soos ’n oop dekseltjie lyk met die aantal maande daarby, sê maar 12 m, sodat jy met die oopmaakslag al die vervaldatum in gedagte kan hou.

Die Amerikaanse skoonheidskenner en skrywer Paula Begoun het algemene riglyne saamgestel:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Grimering
• Maskara en vloeibare oogomlyners: 4-6 maande
• Room- of vloeibare onderlaag: 6-12 maande
• Poeierprodukte: 2-3 jaar
• Lipstiffie en glans: 2-3 jaar

Velsorg
• Reinigers: 1 jaar
• BHA- OF AHA-afskilferaars: 1 jaar
• Bevogtigers en serums: 6 maande tot een jaar

“Gooi produkte uit wat snaaks lyk of ruik” Paula Begoun

3 Limfdreinering

“Ons limfstelsel verwyder vaskulêre vloeistof en gifstowwe uit die liggaam, maar namate ons ouer word, onaktiewer raak en meer spanning het, word die limfstelsel luier en stadiger,” verduidelik Cindy van der Merwe van Cryoliving in Kaapstad.

Met Cryoliving se SleekSculpt-behandeling lê jy in ’n baie groot broek met 24 verskillende lugkompartemente waardeur die lug op en af vloei en druk, wat met limfatiese beweging help. Ons het die behandeling getoets en het ’n effense vermindering van selluliet gesien. Dit is ’n gemaklike en ontspannende behandeling. Ná ses behandelings het ek 11 cm in totaal verloor (maar ook gesond geëet en geoefen).

Foto: Pexels

4 Los die slegte gewoontes

Ons kundiges sê watter goeie gewoontes jy moet aanleer om jou vel op sy beste te laat lyk:

Die dermatoloog: Dr. Ian Webster
• Maak jou gesig skoon voor jy gaan slaap. Jou vel herstel en vernuwe terwyl jy slaap.
• Smeer soggens sonskerm aan en wend deur die dag weer sonroom aan.
• Gebruik ’n goeie breëspektrumsonskerm met ’n hoë sonbeskermingsfaktor.
• Bly binnenshuis op die warmste deel van die dag wanneer UV-bestraling op sy ergste is – veral as jy nie sonskerm aanhet nie. Dit kan tot DNS-beskadiging lei wat velkanker kan veroorsaak.

Die estetiese velterapeut: Sonette Donker (en eienaar van skinid.co.za)
• Los die sigarette. ’n Roker se vel verouder tien jaar vinniger as ’n nie-roker s’n, veral vanweë die gebrek aan vitamien C. Die vel lyk ook vaal en grys weens ’n tekort aan suurstof, en neem twee keer so lank om te herstel.
• Skaal die sopies af, want oormagtige alkoholgebruik kan tot velsensitiwiteit lei.
• Eet gesond. ’n Swak dieet kan jou voortydig oud laat lyk en puisies veroorsaak omdat jou vel nie die nodige voedingstowwe kry nie.
• Hande tuis. Wanneer jy aan puisies karring en druk, kan dit merke laat en selfs hiperpigmentasie veroorsaak.

Die nasionale opleier vir Estée Lauder en Tom Ford, Leila Marx sê:
• Moenie jou gesig net met water, of water en seep reinig nie.
• Verwyder ooggrimering met ’n geskikte produk, nie baba-olie nie.
• Verwyder daardie lae maskara behoorlik sodat jou wimpers nie swak word en breek nie.
• Gebruik ’n afskilferaar om te voorkom dat die veltekstuur oneweredig en grof word. Daar is geen produk wat die tekstuur beter sal laat lyk nie.

5 Maskers

Wissel jou gewone masker af met een wat onsuiwerhede verwyder soos ’n geaktiveerde houtskool- of kleimasker. ’n Multi-masker is ’n goeie idee: Wend die klei- of houtskoolmasker slegs op die probleemgedeeltes aan, soos die T-sone. Gebruik jou gewone masker op die res van jou gesig.

Lees ook: Die beste multi-maskers

Houtskoolmaskers
Houtskool wat negatief gelaai is, trek soos ’n magneet geaktiveerde bakterieë, gifstowwe, oortollige olie en ander gifstowwe (wat positief gelaai is) uit jou vel.

Klei
Klei is bekend daarvoor dat dit oortollige olie absorbeer en die vel liggies afskilfer. Ideaal vir olierige of kombinasievelle.

Foto: Pixabay

6 Suiwer jou hare

Besoedeling beïnvloed ook ons hare. Dit is nie die gifstowwe van motors en fabrieke wat die skade aanrig nie, maar die metale en minerale in kraanwater. Die metale en minerale bou in jou haarvesels op en veroorsaak oksidatiewe skade (’n soort onsigbare roes). Meng asyn met water en spoel jou hare hiermee af, of gebruik ’n opknapper wat histidien bevat.

7 Anti-oksidante

“Besoedelingmolekules is vier keer kleiner as dié van jou vel en kan jou vel daarom maklik binnedring. Anti-oksidante help om die skade wat besoedeling aanrig teë te werk,” sê Sonette Donker. Vitamien C en E, resveratrol, groen tee, bessies en granate is almal gewilde en goeie anti-oksidante wat in velsorgprodukte gebruik word.

8 Voorkom inflamveroudering

Inflammaging”, soos dit op Engels bekend is, is die opgeboude velskade wat met verloop van tyd opgedoen word. Die skade word aangerig deur laegraadse ontsteking (inflammasie) wat deur die omgewing, genetika, dieet en persoonlike gewoontes veroorsaak word. Inflammasie is eintlik bedoel om ons te beskerm, maar wanneer daar konstante inflammasie is, word die vel en velstruktuur geleidelik afgebreek,” verduidelik dr. Bradley Wagemaker van Lamelle. ’n Gesonde leefstyl, dieet en produkte wat die vel se natuurlike anti-inflammatoriese respons naboots, kan hiermee help, sê hy. Lamelle Dermaheal is ontwikkel om selveroudering en inflammasie teë te werk.

Foto: Pixabay

9 Vitamien C

Vitamien C is ’n anti-oksidant, maar is so ’n belangrik dat hy sommer sy eie plek in ons artikel verdien. “Dié vitamien is vir alle mense belangrik, maar veral vir rokers, want een sigaret neem 15 mg vitamien C uit jou vel,” sê Sonette Donker.

Ons liggame maak nie natuurlik vitamien C nie, hoewel die vitamien ’n belangrike rol speel in die vervaardiging van kollageen wat help om jou vel helderder, jonger en gesonder te laat lyk, Dis ook goed vir pigmentasie. Dis belangrik dat die produk lugdig verpak is om dit stabiel te hou. As die room in ’n pot is of ’n skroefdoppie het, los dit liewer.

Lees ook: Hoe om jou haarborsel behoorlik skoon te maak (en hoekom jy moet!)

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

2 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

2 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

20 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

21 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

1 day Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.