kategorieë: WenkeMode

Detoks jou klerekas in ’n japtrap

Detoks jou klerekas in ’n japtrap deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Volg ons maklike vyf-punt-plan om jou klerekas reg te ruk!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: 10 dinge wat jy voor 40 moet hê en weet

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Voorbereiding

  • Wees eerlik met jouself. Elkeen ervaar ’n detoks anders – emosioneel, opwindend, wat ook al … Moenie jouself probeer kul nie, besluit vooraf hoe jy die proses gaan aanpak en hou daarby.
  • Gooi alles uit jou kas(te) sodat jy ’n goeie oorsig kan kry oor wat jy het. As jy in afdelings sorteer, vergeet jy wat in die vorige afdeling gebeur het, en jou detoks is nie suksesvol nie.
  • As jy ’n vriendin het wie se oordeel jy vertrou, vra haar raad en laat sy jou met die proses help. Die sessie kan selfs in ’n prettige ervaring ontaard!

Lees ook: 8 modefoute wat jou slordig laat lyk

Organiseer jou klerekas so

2. Sorteer jou klerekas

  • Besluit in watter hopies jy jou klere gaan sorteer: hou / skenk / dalk / pas nie.
  • Vra jouself af: “Hoe lank terug het ek hierdie kledingstuk gedra?” of “Het ek dit die seisoen meer as een keer gedra?” Ons koop soms baie impulsief net sodat die rok/bloes die res van die tyd in jou kas hang. Wanneer jy op só ’n slagoffer afkom, vra jou af of jy dit nog een kans gaan gee en hang hom voor in jou kas. As jy steeds twyfel, skenk hom liefs.
  • Pas die item by jou huidige leefstyl? Baie kan verander in ’n seisoen – jy kan ’n nuwe mamma word, of ’n nuwe werk begin wat sekere klerevereistes het. As die kledingstuk van geen nut is in jou nuwe leefstyl nie, raak ontslae daarvan.
  • Wanneer ’n item beter op die hanger lyk as op jou lyf, is dit tyd om dit uit te gooi. Baie van ons klou vas aan iets wat ’n mooi patroon of kleur het, maar sodra jy dit probeer aantrek, sak jou hart in jou skoene.
  • Deftiger klere vereis ’n ander denkwyse wanneer jy jou klerekas detoks. Jy dra dit nie so gereeld nie, maar wanneer jou uitrusting eentonig begin voel, kikker dit met nuwe bykomstighede of moderne skoene op.

Lees ook: Marie Kondo se ses slim pakwenke

3. Siedaar-klaar, wat nou?

  • As jy ’n hopie vir “dalk” het, herevalueer jou keuses en sorteer dit volgens “skenk” of “hou.”
  • Skenk of verkoop die klere wat jy uitgegooi het. Sodoende kry jy ook ’n gevoel dat jy beloon word vir jou detoks.

Lees ook: 5 vinnige modetruuks wat jou uitrusting sal afrond

4. Klere wat nie pas nie maar waarvoor jy lief is

Pak al die klere wat nie pas nie (maar wat jy nog nie oor jou hart kan kry om weg te gee nie) in ’n houer en stoor dit iewers tot volgende keer. Sorteer hulle dan finaal met jou volgende detoks.

Lees ook: Verleng die lewe van jou gunsteling-jeans

5. Hou ook in gedagte

  • Maak jou klerekas gebruikersvriendelik. Baie van ons vergeet van sekere klere omdat die kas so deurmekaar is. Sit vir jou ekstra rakkies in of skep hangplek om jou klere mooi te vertoon en maklik weg te pak.
  • Sorteer slim: Pak jou skoene in ’n posbus-rakkie wat min plek in beslag neem. Dun hangers neem minder plek op en jou klere verdruk nie so maklik nie. Kry ook spesiale hangers of stoorplek om jou serpies en gordels te stoor.
  • Hang jou klere volgens afdelings, soos baadjies bymekaar, rokke saam, ens. Dis makliker om te sien wat jy het en om hulle dan te stileer.
  • Maak gereeld jou kas met ’n klam lappie en stoffer skoon.
  • Moenie net links en regs uitgooi nie, wees seker van jou besluit.

Lees ook: Stoor jou klere reg met hierdie raad

Lees hier vir nog goeie raad:

Lyk jare jonger met hierdie slim wenke

7 maniere om luuks te lyk sonder om te veel geld te bestee

Verleng jou trui se lewe

10 wenke om tyd te spaar

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

20 hours Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

22 hours Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

24 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.