Dis nie nodig om drastiese stappe te doen om jou liggaam te ontgif nie. Jou lewer ontgif jou liggaam vir jou. Jy kan jou lewer help deur gereeld en gebalanseerd te eet. Fokus op kos wat noodsaaklike voedingstowwe verskaf. En moenie jou lewer oorlaai met ryk kosse en kositems met preserveermiddels en allerlei byvoegmiddels nie, soos tipies in die meeste geprosesseerde kosse is. In die proses sal dit jou liggaam suiwer en jou energievlakke beter beheer en verbeter.
Hoewel ons ’n eetplan vir twee weke saamgestel het, behoort dit eintlik ’n deel van jou lewenstyl te wees vir ’n nuwe, energieker jy.
Dit is baie belangrik om eers met jou dokter te gesels indien jy enige gesondheidstoestande soos diabetes, hoë cholesterol, lae bloedsuiker of hartsiektes het, of as jy swanger is of borsvoed voordat jy hierdie maaltydplan volg.
Onthou!– Dis belangrik om voldoende vars groente en vrugte te eet. Jy het 6-9 porsies groente en vrugte per dag nodig om in ’n groot deel van jou vitamien- en mineraalbehoeftes te voorsien. Koolhidrate gee gou energie en elke maaltyd moet onverfynde koolhidrate (lae glukemiese indeks) bevat om energievlakke te kontroleer. En dan is daar proteïene wat ons boublokke vir gesonde spiere en bloed is.
Mense se voedingsbehoeftes verskil, maar dit is belangrik om die volgende porsiegroottes vir elke maaltyd in gedagte te hou:
• Proteïene (vleis, vis, hoender, eier): handpalmgrootte en nie dikker as jou pinkie nie
• Melkprodukte: 1 koppie (250 ml)
• Vrugte: die grootte van ’n tennisbal
• Stysel: (brood, rys, aartappels, patats, pasta en ontbytgrane): vuisgrootte
• Groente: Soveel as wat nodig is om jou bord vol te maak
Dis ook baie belangrik om voldoende vloeistof in te neem. Dit verseker dat die afvalstowwe uitgespoel word.
Resepte soos genoem op die dieetplan
Plaatkoekies: Klik hier vir die resep
Baba-aartappel-en-kekerertjie-slaai: Klik hier vir die resep
Klam karringmelkmuffins: Klik hier vir die resep
Hoenderslaai: Klik hier vir die resep
Varkvleis-roerbraai met pynappel: Klik hier vir die resep
Avokado-en-mosterd-slaai: Klik hier vir die resep
Gebakte broccoli-spinasie-en-okkerneut-pastagebak: Klik hier vir die resep
Hoenderpilaf: Klik hier vir die resep