kategorieë: KalenderOntspanning

Design Trunk-ontwerpskou

Die skou volg op die sukses van die vorige Designer Trunk Show’s deur Anna Raimondo, die ontwerper van SMITH Juweliersware. Dit is haar derde ontwerperskou. Die huidige skou se tema is The Memphis Edition en is geïnspireer deur die Memphis-groep wat onder leiding van Ettore Sottsas in die 1980’s kleurvolle, geometriese style bekend gemaak het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Elke ontwerper wat aan die skou deelneem, sal ontwerpe vertoon wat by die tema aanpas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Verskeidenheid produkte insluitend geweefde mandjies, swemklere vir kinders, skoonheidsprodukte, onderklere, beeldhouwerk, kuns, huishoudelike bykomstighede, mode-items, jenewer, keramiek en juweliersware sal te sien wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kopers sal bederf word met drinkgoed van Grand Provence en snoephappies.

Die Designer Trunk Show sal op 14 Desember 2016 by 6 Spin-straat in Kaapstad tussen 18:00 en 21:00 plaasvind. Toegang is gratis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir meer inligting besoek die Facebookblad of die webblad hier.

Ontwerpers wat deelneem

Angels & Earth
Hul geometriese glashouers is nie net visueel ’n treffer nie, maar is ook funksioneel. Die glashouers verseker ’n konstante balans van temperatuur en humiditeit.

FEAT. sock co
Hulle maak sokkies van hoë gehalte wat stories vertel en pret geskenke is.

Keri Muller
Haar besigheid, Simple Romance, is die tuiste vir haar wye verskeidenheid produkte en kunswerke. Haar bekendste werk is gemaak van herwinde boeke.

Facets
Is ’n vennootskap tussen Anna Raimondo (SMITH Juweliersware) en Keri Muller (Simple Romance) en is gebaseer op hul uitstalling vroeër vanjaar. Hul werke is gemaak van materiale soos koper en semi-edelgesteentes.

Ash Ceramics
Hulle fokus op ’n hoë gehalte huisware met ’n kontemporêre invloed. Ontwerpe is geïnspireer deur die moderne kleurvolle Kaapstad en vorms word beïnvloed deur minimalistiese Skandinawië. Elke keramiekstuk bring die eeue-oue tradisie van pottebakkery en kontemporêre ontwerp saam.

Apotments
Dit is ’n samewerking tussen Fabrica Creative Consultancy en Ash keramiek. Die potte boots die hoë geboue na en die ontwerpe op die potte herhaal die vensters en fasades van die stadsbeeld.

Edition 1
Hulle fokus op ongewone patroonontwerpe. Foto’s word uitgesny, gemanipuleer en saamgestel en gedruk op katoen.

Henriette Botha
Haar bykomstighede en juwele word beïnvloed deur haar vrye denke en is nie deur die mode geïnspireer nie. Sy volg ’n nuwe benadering tot tradisionele handwerk met internasionale standaarde.

Clementina keramiek
Clementina van der Walt is ’n bekende Suid-Afrikaanse ateljee-pottebakker, gebaseer in Kaapstad. Haar werk is verteenwoordig in verskeie internasionale en Suid-Afrikaanse versamelings.

Lorne
Dié juwele is ’n kombinasie van abstrakte ontwerpe met alledaagse funksionaliteit. Dit is ’n mengsel van fantastiese ontwerp en spontaneïteit.

Temple of Reason
Dit is ’n Kaapstad-gebaseerde ontwerp-etiket en het items wat gereed is om te dra. Elke versameling is geskep as ’n beperkte uitgawe en ’n persentasie van die wins gaan aan ’n liefdadigheidsorganisasie van jou keuse.

I Speak Gayle
Die werk ondersteun die plaaslike tekstielindustrie en is gebaseer op Gayle-taal van ons Koninginne van die 60’s.

SMITH Juweliersware
Anna Raimondo se ontwerpe is geïnspireer deur haar reise, die mense wat sy ontmoet en die natuurlike omgewing rondom haar. Sy skep juwele wat ’n storie vertel, wat uniek is en dat sy wil haarself dra. Elke stuk is met die hand gemaak.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

2 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

2 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

3 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

4 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

6 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.