Desember-pret by die Taalmonument

Op Woensdag 8 Desember word ’n aandwedloop gehou wat geld vir die Drakenstein Palliatiewe Hospies insamel. Medaljes en kontantpryse is op die spel en die wedloop word en word saam met die Historium Trust en Paarl Atletiekklub aangebied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Soos altyd kan deelnemers en ondersteuners op die perfekte piekniek- en kuierplekke by die monument staatmaak, waar tydelike uitstallings asook buitelugspeletjies wink. Maak ’n heerlike aand daarvan: Vat ʼn piekniekmandjie en drankies, komberse en kussings, en onthou warm klere en ʼn masker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }


'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die 10 km-aandwedloop, wat ingevolge die reëls van Atletiek Suid-Afrika en Boland Atletiek aangebied word, begin om 18:30.

Dit volg ʼn opwindende en uitdagende roete op teer- en grondpaaie. Die inskrywingsfooi is R70 en tydelike nommers (vir diegene wat nie lede van ʼn atletiekklub is nie) is teen R40 beskikbaar. Die gesellige 5km-woordloop wat om 18:45 begin, is op die hele gesin gemik – selfs stootwaentjies is welkom! Die inskrywingsfooi is R50 en deelnemers skryf in met ’n prettige Afrikaanse woord in plaas van ʼn nommer. Stappers is by al twee van die wedlope welkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deelname aan die 10 km-wedloop sal tot 500 beperk word, en mense word aangemoedig om voor 12:00 op Maandag, 6 Desember 2021 in te skryf deur Lucky Mokwena op mokwenal@sun.ac.za of 084 826 5895 te kontak. Vir navrae oor die 5 km-woordloop, kontak Jeffrey Pietersen op 021 872 3441 of bemarking2@taalmuseum.co.za. Toegang is gratis vir ondersteuners.

Op Saterdag 11 Desember is dit tyd vir die klassieke piekniek. Die musiek sal deur die Kaapstadse Operakoorlede Christine Bam, Ernestine Stuurman, Marvin Kernelle, Siphesihle Mdena en Dane Coetzee uitgevoer word.

Toegang is R100 per volwassene en R80 vir pensioentrekkers en kinders en die vertoning begin om 19:00. Kaartjies by Computicket beskikbaar.

Vir meer inligting oor al die ander gebeure by die Taalmonument, bel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webwerf bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms.

Deur Maryke Roberts

Deel
Gepubliseer deur
rooi rose span

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.