kategorieë: Dra dit soMode

Denims: van Cowboys tot die loopplank

Daar word beraam dat 700 miljoen meter denim in Indië geproduseer word. Die maatskappy LNJ Denim, wat in Indië gevestig is, en denim aan bekende handelsname soos Levi’s, Gap, Ralph Lauren, Diesel en Tommy Hilfiger verskaf, het in 2004 hul produksie verdriedubbel om die groeiende aanvraag na denim aan te vul.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Opwindende handelsname is tans in Suid-Afrika beskikbaar om aan verbruikers ’n groter verskeidenheid denimprodukte te bied.Van hierdie handelsmerke is G-Star Raw, Tom Tailor en Lucky Brand.'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

G-Star Raw is sedert 1989 op die voorgrond van innovasie, dit is van Duitse oorsprong en spesialiseer in rou, onbehandelde materiale. Hul filosofie lees “Just the product” wat aandui dat kwaliteit belangriker is as kwantiteit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tom Tailor is ’n toonaangewende Duitse leefstyl- en modehandelsnaam wat oornag internasionale gewildheid verwerf het. Dit is in Edgars-takke landwyd beskikbaar.

Lucky Brand ontwerp denims wat die lyf vorm en bevat vintage-inspirasie. Die style is eklekties met ’n boheemse gevoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sissy Boy het denim tot nuwe hoogtes geneem met hul ‘8th Wonder of the World’ jeans. Die rekpotensiaal van normale denims trek gewoonlik tussen 8 en 15%. Die Sissy Boy Mega Stretch jeans wat in 2010 vrygestel is, het oor 35% rekvermoë beskik. Met die jongste uitvindsel bied die ‘8th wonder of the World’ jeans 100% rekbaarheid – wat alle moontlikhede verbystrek. Die denim se samestelling is so tegnies dat hulle spesialisnaalde en -gare moet inspan (wat gewoonlik op swemdrag gebruik word), om die rekbaarheid en beweging in ag te neem. Die lyf se kontoere is meer gedefinieerd as jy die denim dra en dit voel kompleet asof jy ’n hele grootte kleiner is.

Met al die nuwe ontwikkelings rondom denim moet elke modebewuste individu seker maak dat hy of sy ten minste een klassieke maar toonaangewende denim in hul klerekas het.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

6 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

7 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

8 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

10 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

3 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.