– Deur Suzanne Kotzé. Foto’s verskaf deur CHI
Hoe oorleef sy besige dae?
My dae begin meeste oggende om 4uur, en soms reeds om 2uur. Oral moet ek mooi en vars lyk, maar gelukkig slaap ek baie maklik op enige plek, van ’n vliegtuig tot in die kar. Die geheim is om ’n spasie te kry waar jy net jý kan wees sodat jy net jouself kan wees en ’n tydjie kan maak vir jouself.
Hare
“Ek het heimlik altyd daarvan gedroom om eendag ’n haarmodel te word, want ek het so baie hare – ek het nie ’n enkele verlengingstuk in nie,” vertel sy.
Chi is tans Miss Universe se amptelik haarsorg-borg en Demi-Leigh hou veral van die droë sjampoe. “As jy nie ’n droë sjampoe byderhand het nie, werk haarsproei ook baie goed om jou hare skoner te laat lyk,” vertel sy. Chi se reis-grootte stelletjies is ook iets wat sy gereeld gebruik.
Watter grimering het sy altyd byderhand?
’n Wenkbrou-potlood, blosser en rooi lipstiffie. Ek gebruik dikwels my blosser ook sommer as oogskadu. En ek is gaande oor rooi lippe!
Van ons gunstelinge
Parfuum
Hoe hanteer sy kritiek op sosiale media?
“Sjoe, dit is maar erg en dit maak seer, maar jy moet probeer om nie almal se opinies te lees nie, want dan begin jy twyfel en word jy ge-sidetrack.”