Mej. SA, Demi-Leigh Nel-Peters, het onlangs haar #Unbreakable-veldtog landswyd geloods met die hoop om vroue in te lig en te bemagtig. Sy het met ons gesels oor hierdie veldtog, asook oor haar Mej. SA-planne vir die jaar vorentoe.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Ek het die #Unbreakable-veldtog gestig nadat ek direk deur misdaad geraak is toe ek ’n paar maande gelede gekaap is. Ek is baie veiligheidsbewus en het voor die kaping ’n “defensive driving”-kursus voltooi deur Masterdrive. Ek probeer om een so kursus elke tweede jaar te doen. Ek het ook vroeër vanjaar ’n kursus voltooi deur WIP (Woman InPowered). Beide hierdie kursusse het my gehelp om daardie aaklige kaping te kon hanteer en om myself so veilig moontlik uit die situasie te kry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ek hoop #Unbreakable sal aan vroue die nodige kennis en vaardighede verleen om ongewenste situasies te kan hanteer. Bowenal hoop ek dat #Unbreakable vir vroue ’n opsie sal gee wat hulle nie noodwendig voorheen gehad het nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
#Unbreakable is glad nie “selfverdedigingsklasse” nie. #Unbreakable fokus hoofsaaklik daarop om vroue te leer hoe om te dink en te reageer in ’n ongewenste situasie. WIP leer wel vir vroue hoe en waar om ’n goeie hou uit te deel indien nodig.
Ek hoop om volgende jaar, met die Mej. Heelal-kroon in my hand, #Unbreakable na die hele land te neem sowel as na internasionale platforms.
Op Saterdagoggend, 2 September 2017, het Demi-Leigh dié veldtog by die Stanza Bopape Gesondheid- en Gemeenskapsontwikkelingsentrum in Mamelodi, Pretoria geloods. Die werkswinkel is aangebied om vroue te wys dat hulle nie weerloos hoef te wees in lewensgevaarlike situasies nie. Kyk hier na foto’s:
Op die oomblik sien ek vreeslik uit om internasionaal te reis vir modelwerk. Ek is op die oomblik gefokus om my #Unbreakable–veldtog suksesvol teen einde September af te handel. Daarna is al my fokus op die Mej. Heelal-kroon.
Ek hoop om ’n nalatenskap te los waar my land na my kan kyk en sê, “Mej. SA 2017 het haar alles vir hierdie land gegee.” Ek hoop mense onthou my as die Mej. SA vir wie niks ooit te veel was nie. Iemand waarmee almal kon identifiseer. Ek hoop om vir ons land en die heelal te wys dat Mej. SA nie net ’n mooi gesiggie is wat mooi rokkies dra nie, maar dat sy iemand is wat ’n waardevolle verskil maak in die lewens van haar land se mense. Een persoon sal nooit die hele wêreld kan verander nie, maar verandering kan by een persoon begin.
Ek het geleer dat elke persoon op aarde ’n behoefte het om gehoor te word en om erkenning te kry. ’n Glimlag of ’n vriendelike groet kan iemand se hele dag verander en ons elkeen besit daardie mag om ’n verskil in iemand se dag – of selfs lewe – te maak.
Ons land se diversiteit maak die rol wat Mej. SA moet vertolk moeiliker as baie ander lande s’n. As ’n nasionale ambassadeur moet jy die hele land verteenwoordig en moet almal ’n stukkie van hulself in jou kan raaksien. Dit is reeds ’n groot verantwoordelikheid om te vervul, en in Suid-Afrika het ons elf tale en verskillende kulture en gelowe wat die rol van enige Mej. SA nog meer kompleks maak.
Om te kan reis in my eie land en om elke hoek en draai van my land te leer ken is ’n groot voorreg. Ek dink ek het die afgelope vyf maande meer mense ontmoet as wat ek die afgelope 22 jaar ontmoet het voor Mej. SA!
Ek het baie planne en groot drome, maar op die oomblik verander my lewe, belangstellings en geleenthede vreeslik vinnig. Tans is my plan om vir ’n jaar in New York te woon as Mej. Heelal. Daarna sal ek graag terugtrek Suid-Afrika toe en my eie besigheid begin. Ek sal ook baie graag my studies wil bevorder en hopellik ’n MBA voltooi in die nabye toekoms.
Foto: Yolanda van der Stoep
Dit is definitief nie geluk nie, dit verg baie opoffering, selfdissipline, harde werk en toewyding om so ’n kroon te verdien. Ek vergelyk myself met geen ander deelnemer nie. Ek sal nooit daartoe in staat wees om enigiemand anders te wees nie, so ek mors nie my energie om my swak punte met iemand anders se sterk punte te vergelyk nie. Ek probeer elke dag verbeter op wat ek gister gedoen het. Dit is hoe ek groei.
Ek is gelukkig genoeg om vier wonderlike ouers te hê. My ma en pa is geskei toe ek baie jonk was. Ek ken beide my stiefouers van ’n baie jong ouderdom af. Ek het in twee baie liefdevolle en ondersteunende huise grootgeword waarvoor ek ongelooflik dankbaar is.
Ek het ’n half-sussie, Franje. Sy was gebore sonder ’n cerebellum (of kleinbrein) wat die lyf se spieraktiwiteit reguleer en koördineer. Dit het veroorsaak dat sy totaal gestremd is en absoluut niks vir haarself kan doen nie. Sy het ’n voltydse versorger wat haar by ons huis versorg. Sy is my grootste motiveerder, alles wat ek aanpak wil ek twee keer soveel geniet sodat ek dit vir haar part ook kan geniet.
As Mej. SA verkies ek om nie ’n openbare verhouding te hê nie.
Ek is mal oor stampmielies en beesstert in ’n rooiwynsous!
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.