Hooffoto: Willem Botha
Die sangeres Demi Lee Moore en haar man, Barthlo Visagie, het Maandagaand groot nuus gedeel: Demi Lee is swanger met hul eerste bondeltjie vreugde!
Die TV-musiekwerklikheidsreeks Die Kontrak se eerste wenner het die nuus met foto’s van haar en Barthlo, wat ‘n string sonarfoto’s vashou, op sosiale media gedeel.
In ‘n vorige onderhoud met rooi rose het Demi Lee (35) oor haar man, ‘n kitaarspeler, gesê:
“Ek is net regtig geseënd om Barthlo aan my sy te hê. Hy’s my maatjie, my liefde en my regterhand op die verhoog.”
Dis veral Barthlo se opregtheid en sy ongelooflike vrygewige hart wat Demi Lee so betower het. “Ek was onmiddellik op hom verlief. Ons het al soveel hartseer saam beleef, ons steur ons nie aan nietighede nie. Hy sê seker 40 keer op ’n dag vir my hy’s lief vir my,” deel sy.
“Hy’s ses jaar jonger as ek, maar ek leer so baie by hom. Hy is my grootste cheerleader. Hy gee my selfvertroue wanneer ons op die verhoog is en ek’s mal oor hoe hy sy mond trek wanneer hy kitaar speel,” lag sy. “Ons was saam voor ek nog enige sukses geken het. Alles wat ons bereik het, het ons saam gebou.”
Lees ook: 10 redes waarom jy die April-uitgawe van rooi rose móét lees!
Die paartjie het mekaar sowat 10 jaar gelede ontmoet en het in Januarie 2023 op ’n wynplaas naby Stellenbosch getrou.
View this post on Instagram
Lees ook: Verlief en verloof! Hierdie bekendes is op pad kansel toe