1 Verhit ’n kastrol met water tot kookpunt, verlaag die temperatuur en laat liggies prut. Sit ’n bamboesstomer van dieselfde grootte bo-op. 2 Meng die garnale, knoffel, gemmer en rissie. Laat week 1 ryspapiersirkel op ’n slag in ’n bakkie met koue water tot dit sag word – dit gebeur binne sekondes, moenie laat lê nie. 3 Sit 2 garnale in die middel van die ryspapier en vou die kante van die ryspapier boontoe om ’n bondeltjie te maak wat soos ’n geldsakkie lyk. 4 Stoom die dimsum vir 30 sek. in die bamboesstomer. Lig versigtig met ’n paletmes uit. Sit voor met Chinese stokkies en sojasous as doopsous.