kategorieë: Kalender

Delheim se Begin van die Oes-fees

Delheim se jaarlikse Begin van die Oes-fees is terug! Nadat ’n verwoestende brand op die Simonsberg verlede jaar ’n stokkie voor die 2016-fees gesteek het, is die fees terug met nuwe ywer en opwindende veranderinge. Trek die gesinsdagboek nader en skryf by 28 en 29 Januarie in, dat die Delheim Begin van die Oes-fees terugkeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die geleentheid by dié gevierde Stellenbosch wynplaas, is een van die eerstes om die oestyd se harwar in te lui. Dis die tyd wat plase regoor die wynlande regmaak om die vrugte in te bring; ’n tyd van vreugde ná ’n jaar van voorbereiding en wingerde versorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gewilde druiwetrap is weer terug. Hierdie antieke tradisie is regoor die wêreld die simbool van die gemeensaamheid van wyn en sal beslis die pret in hoogste versnelling sit. Daar sal ook lewendige musiek en grasperk-speletjies wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vanjaar se brawe deelnemers en ywerige toeskouers sal bewe van entoesiasme vir Delheim se nuwe vatrol resies – iets wat jou lag- en maagspiere gaan tart, maar beslis nie so maklik lyk as wat jy dink nie.

Wat die kos betref: die oestafel is vernuwe. Die kosfees is steeds daar, maar daar sal selfs nog meer verskeidenheid wees en ook die geleentheid om die perfekte pasmatigheid van Delheim wyne met kos te ervaar. Vegetariese opsies is ook beskikbaar, sowel as ’n nagereg-tafel en ’n roomys-trok.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met Duitsland die geboorteland van die Delheim patriarg en industrie-ikoon, ‘Spatz’ Sperling, kan jy ook uitsien na ’n paar lekker spesialiteite van dié deel van die wêreld soos geurige Bratwurst. Elke kos-opsie sal met die ideale Delheim wyn verkoop word. Dink aan Bratwurst met ’n bloubloed Cabernet Sauvignon/Shiraz-versnit, of dekadente soetgoed met ’n verfrissende glas van Delheim se geliefde rosé – SA se eerste in dié styl wat van Pinotage-druiwe gemaak is.

Maak Delheim Begin van die Oes-fees jou eerste afspraak vir 2017 en deel in ’n stadige, heerlike, rustige en droomverlore naweek met eindelose gesinspret.

Toegang is R100pp en R80 vir kinders. Dit sluit al die aktiwiteite in, asook ’n Delheim wynglas; die druiwemos, en mosbolletjie met aankoms en daar wag ook hope gratis pret vir die jongspan. Die fees vind plaas vanaf 12h00 tot 5nm op beide dae.

Vir meer inligting of besprekings, kontak die landgoed se Garden Restaurant by tel: 021 888 4607 of stuur ’n e-pos na restaurant@delheim.com. Voorafbesprekings is noodsaaklik.

Delheim Landgoed is in die Simonsberg sub-streek van die Stellenbosch Wynroetes geleë, net af van die Knorhoekpad, op die R44.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp
Tags: wyndelheim

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

8 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

11 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

12 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.