kategorieë: KalenderOntspanning

Delheim Sampioen-snuffeltog

Foto’s verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kom leer by die meesters hoe om wilde sampioene uit te snuffel en te kook by hierdie fungi-fantastiese ervaring, eksklusief vir nuwe- en bestaande lede van Delheim se wynklub.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Delheim, ’n Stellenbosch-steunpilaar en die Suid-Afrikaanse pionier van sampioen-en-wyn ervarings, lê teen die Simonsberge waar die verleidelike heerlikheid in die natuurlike woude in die klam grond skuil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Meeste mense is skrikkerig om wilde sampioene uit te snuffel omdat hulle nie seker is watter geskik is om te eet nie. Die Delheim Sampioen-snuffeltog is net egter die geleentheid om dit te verander.

Snuffelaars kry ’n kort oorsig oor watter sampioene geskik is en watter vermy moet word; die geleentheid om ’n kundige gids te vergesel op ’n eerste-van-die-seisoen snuffeltog; ’n sampioen kook-demonstrasie én ’n heilsame, fungi-gefokusde middagete met bekroonde Delheim-wyne daarby.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die voorkoms van die wilde sampioene is ’n spesiale tyd, want dis iets wat Moeder Natuur op haar eie vermag,” sê Delheim se matriarg en ervare sampioen-snuffelaar, Nora Sperling-Thiel. “Dit is hoekom ons veral sensitief is oor die bewaring van ons wilde eko-stelsels op die landgoed. Ons is baie versigtig in ons benadering jeens die boerdery en ons beperk ook die hoeveelheid deelnemers aan die sampioen-uitstappies.”

Vanjaar se formaat van die Delheim Sampioen-snuffeltog opskiet-reeks beklemtoon die uitsonderlike geleentheid deur ywerige snuffelaars tot net twee uitstappies te beperk.

Die eerste uitstappie wat in Maart, April of Mei (afhangende van die eerste reën)* sal plaasvind, sal bestaan uit ’n groep van net vier gelukkige snuffelaars – wenners van die gelukkige trekking van Delheim Wynklub-lede – wat die geleentheid kry om hul lewensmaats saam te neem. Dis ’n intieme byeenkoms en die tydjie wat deurgebring word tussen die hoë dennebome, is beslis ’n ontwaking uit ’n ander wêreld.

Vir die tweede uitstappie, iewers in Junie of Julie, sal alle Delheim Wynklub-lede die geleentheid kry om te kan bespreek. Die groep sal effe groter wees, maar steeds die volle program insluit en kos R650 per persoon.

“Die bevestiging van die presiese datums sal twee dae voor die geleentheid plaasvind– ’n vereiste wat net gemaak word met die verskyning van die sampioene,” sê Nora.

Lidmaatskap is so maklik soos 1-2-3. Kies jou 12 gunsteling Delheim-wyne; voltooi jou bestelling en jy is in! Lidmaatskap gee jou nie alleen toegang tot die sampioen-snuffeltog nie, maar ook Delheim se vol mandjie van geleenthede, kompetisies en spesiale vrystellings.

Alle navrae en besprekings – ook om aan te sluit as wynklub-lid met al die voordele, waaronder die Delheim Sampioen Snuffeltog Opskiet-geleentheid, moet gestuur word na wineclub@delheim.com. Besoek ook Delheim se webblad vir meer oor die plaas en sy fassinerende storie.

*Let wel: Wilde sampioene is totaal van die natuur afhanklik en dus onmoontlik om met akkuraatheid te voorspel, veral na lang droogte-periodes. Alhoewel die Delheim-geleenthede tydens die sampioen hoogseisoen gehou word, kan die landgoed nie waarborg dat daar wel op die dag sampioene sal wees nie.

Delheim Landgoed is op die Knorhoekpad, van die R44, in die Simonsberg sub-streek van die Stellenbosch Wynroetes, geleë.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

52 mins Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

2 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

4 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

4 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

6 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.