kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Delene van Dyk: die werk van ’n “sex educator”

Delene van Dyk: die werk van ’n ‘sex educator’ deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Wat sê jy as mense jou vra watter werk jy doen?

Ek praat oor seks vir ’n lewe … en seksualiteit en gender en intimiteit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Jy is passievol oor jou werk. Hoe het jy in hierdie veld beland?

Ek het verpleging in die weermag geswot, en toe in die psigiatrie-eenheid beland as ’n rou, pas gekwalifiseerde psigiatriese verpleegkundige. Dit was in 1994, saam met die Nuwe Suid-Afrika. Dit was ’n uitdagende tyd en het ’n diep impak op my gemaak.

In 1999 het ek begin doseer in psigiatrie, by die SAMHS Verpleegkollege. In 2006 het ek die seksuele en geestesgesondheidsprogram by ’n nieregeringsorganisasie bestuur en ook ’n privaatpraktyk begin. Dis ook waar ek die internasionaal bekroonde seksuele opvoedingsmodel vir volwassenes, Binaries & Boxes (or Not!), ontwikkel het. So het ek die wêreld vol getoer en die stand van seksuele gesondheid in Afrika op verskeie internasionale platforms gedeel.

3. Het jy spesiale opleiding ontvang?

Dit is maar ’n uitdaging om in Suid-Afrika in seksuologie te spesialiseer. Saam met my studies by Universiteit Pretoria, het ek verskeie internasionale kort kursusse gedoen en in psigiatrie, seksuele gesondheid en volwasse onderrig gespesialiseer.

Delene van Dyk: die werk van ’n “sex educator”

4. Watter behoeftes in die samelewing vervul jou werk?

Die oorweldigende behoefte van grootmense om in ’n veilige spasie oor seksuele, geestes- en intieme uitdagings te gesels. Die behoefte om seksuele and gender-diversiteit beter te verstaan.

5. Watter vrae vra jong mense dikwels vir jou tydens jou opleidingsessies?

Is dit wat ek voel en intiem nodig het, normaal?

Hoe praat ek met my intieme maat oor my seksuele en intieme behoeftes?

6. Vra mense uit ander lande ander vrae as plaaslike mense?

Nee wat, mense reg oor die wêreld het maar min of meer dieselfde onsekerhede rondom seksualiteit en intimiteit.

Dat elke mens besef hulle het die mag om seer te maak of heel te maak, en dat hulle laasgenoemde sal kies, met bewustheid.

7. Jy woon in Kaapstad. Is dit baie anders as Johannesburg waar jy eers gewoon het?

Ek het 27 jaar in Pretoria gebly. Kaapstad is die plek waar ek voel ek my tribe gevind het. Hier voel ek veilig.

8. Wat doen jy om te ontspan?

Kyk vir die see. Vir ure lank. Skryf. Wonder. Droom. En bring kwaliteittyd saam met my geliefdes deur. En loop die Camino in Spanje.

9. Het jy spesifieke ideale of toekomsdrome?

Om toenemend die geleentheid te kry om plaaslik, en internasionaal, ‘n veilige hawe te wees vir mense om oor seksualiteit en intimiteit te kan gesels – nie net in my praktyk nie, maar ook op openbare platforms.

Om eendag my PhD te doen, maar eers om ‘n paar boeke te publiseer.

Om onvoorwaardelike liefde en geborgenheid te ervaar, in myself, vir myself, en vir ander. Elke dag. Met goeie grense.

Delene van Dyk: die werk van ’n “sex educator”

10. Wat is jou wens vir die mensdom?

Ek wens elke mens op aarde kon veilig en geborge voel, in hul eie lyf, gemeenskap, en in die samelewing as geheel, ongeag hul identiteit, velkleur, gender of klas. Dat elke mens besef hulle het die mag om seer te maak of heel te maak, en dat hulle laasgenoemde sal kies, met bewustheid.

Meer inligting by 083 253 5122, Facebook: Sex4Adults with Delene van Dyk, delene@2ndsight.co.za

of www.MySexualHealth.co.za

Luister na ons gesprekke met Delene en ander kenners op rrRADIO. Klik hier.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.