kategorieë: Blogs

Dekoridees sonder om manlief of die bank te breek

Agt gehuurde nessies later het ek al heelwat staatmakers wat my (blywende) insolvente begroting akkomodeer.
Die beste manier vir my om ‘n bietjie atmosfeer te skep is groot geraamde portrette. Dit hoef jou egter nie ‘n arm of been te kos nie. Besluit vooraf op ‘n fokuspunt en tema en neem dit van daar af. Ek verkies om prente van die internet af te laai en te raam in Mr Price rame. Binne 2 ure het jy ‘n fokuspunt vir net onder R200.00. (Dit is nou as die raam nie afgemerk is nie!)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek is ook lief daarvoor om ‘n ‘flying geese’ muur te maak. Ek gebruik suikerpapier en knip ganse of enige iets soortgelyk uit. Daarna plak ek dit met Pritt teen die muur vas en ta-da! ‘n Fokuspunt wat omskep kan word in ‘n foto-hoekie wanneer jou vriende kom kuier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek skep ook gewoonlik intieme hoekies in my tuin waar ek vriende kan onthaal om te koek en tee. Ek verkies gewoonlik sementtafels bo plastiektafels omdat hulle soveel mooier vir langer bly. Onthou egter dat hulle vrek swaar is, dus is dit dalk nie die beste plan indien jy gereeld trek nie. Daar is egter soveel ander maniere om jou huis op te kikker, maar vir my bly die beste manier om jou huis in te vul met vriende, vrede en liefde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Fluit-fluit, dié deelnemers se storie is uit…

In vandeesweek se episode het glanssjef Bertus Basson en koskenner Kobus Botha met nog ’n…

11 hours Gelede

Bruintjie-kolwyntjies

Hierdie bruintjie-kolwyntjie-resep is baie maklik en regtig smullekker! Deur Vickie de Beer

20 hours Gelede

Twee karakters, een aktrise: Sandi Schultz se mees uitdagende rol tot nou toe

Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…

2 days Gelede

Romerige hoenderlasagne

Deur Vickie de Beer. Foto deur CRPhotographic

2 days Gelede

Rob Hersov op ‘Laataand by Rian’: “Raak van sosialistiese- en rasgedrewe wetgewing ontslae”

Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…

2 days Gelede

Schané Fouché: Skoonheid wat straal

Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet           Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.