Console
Hierdie tafeltjies is gewoonlik smal en word gereeld in ingangsportale gebruik. Daar is baie spasie om mandjies onder te stoor.

Amandel-en-wit console (R3 499) @Home
Toile
Toile de Jouy is ’n tekstiel-ontwerp wat eie is aan Frankryk. Dit is deesdae ook beskikbaar in muurpapier.

Versailles-ontwerp (R620 pm) Fabric Fusion
Credenza
Credenza beteken opdienkas in Afrikaans. Dit word gebruik vir uitstal of opdien.

Fossil-opdienkas (R11 999) @Home
Pendant
Dit is ’n lig wat uit die plafon hang met een gloeilamp in teenstelling met ’n kroonkandelaar met verskeie arms en ligte.

Fusion pendant(R1 995) Weylandts
Etagère
Etagère is in die laat 1800’s in Frankryk ontwerp. Dit is basies oop rakke in verskillende ontwerpe.

(R2 000) Mr Price Home
Settee
Banke is basies dieselfde, gestopte meubelstukke om op te sit. ’n Settee bied sitplek vir meer as twee mense maar is slanker en meer regop. Dit is altyd gestoffeer.

Remi-ontwerp (R9 995) Loft Living
Chaise
’n Chaise is eintlik ’n stoel met ekstra beenlengte om uit te strek. Dit is beskikbaar met een arm of kan armloos wees.

Bella chaise (R7 800 plus 8 meter materiaal van jou keuse ekstra) The Sofa Company
Sisal
Sisal-matte word gemaak van die garingboomplant wat stewige vesel verskaf wat ook in die gebruik van tou en mandjies gebruik word. Dit is uitsonderlik duursaam.

Sisal Boucle (R589 per vierkante meter) Coirtex
Jute
Jute is baie soos sisal omdat beide uit natuurlike vesel gemaak word. Dit is die sagste van die twee maar verweer makliker.

Jute los mat 1.07 x 80 cm (R342) Coirtex
Verskaffers
@Home: 0860 576 576
Fabric fusion: 011 467 4798
Weylandts: 021 914 1433
Coirtex: 021 762 2227 / 011 888 4734
Mr Price Home: 0800 212 535
Loft Living: 021 422 0088