Dekor-inspirasie: Seestyl Deur Cornel Dunn.
Kleur, tekstuur en lig is belangrik
Die kleure van die oseaan tot die kleur van songebleikte katoen is sinoniem met die seestyl.
Gebruik natuurlike materiale, tekstiele en natuurlike lig.
Seestyl beklemtoon ’n ontspanne leefstyl
Die identiteit van sulke huise lê in verskeie elemente wat ’n luilekkerleefstyl beklemtoon.
Die sleutel tot hierdie voorkoms is die gebruik van wit meubels, beddegoed, kleiner dekoritems en natuurlike lig.
Alternatiewe kleure om te meng en pas
Seeblou, seegroen, sandkleur en pienk skulpkleure is ook gewilde kleurkeuses.
Wenke om die seestyl te omhels
- Vermy temas.
- Bly by dieselfde styl regdeur die huis.
- Put inspirasie uit die see, maar moenie die see-gevoel forseer nie.
- Nooi die buitekant binne.
- Wit rottang bly ’n wenner.
- Verf donker hout wit.
- Word geïnspireer deur jou omgewing.
Produkte
Verskaffers:
Mr Price Home | www.mrpricehome.com
Superbalist | www.superbalist.co.za
Takealot | www.takealot.com
@Home | www.home.co.za
Vir nog hope inspirasie, loer hier