kategorieë: DekorLeefstyl

Dekor: Antieke styl

’n Mens se styl verander oor die jare. Antieke aankope is nie altyd maklik nie. Jy moet deur klomp winkels stap, of aanlyn kyk, voordat jy ’n antieke produk koop. Miskien hou jy van musiek en sien jy ’n antieke platespeler, of kuns is meer jou passie en jy stal graag skilderye uit. Elke persoon het sy eie smaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deur gebruik te maak van gebalanseerde teenpole (soos modern en antiek), kan jy jou huis meer diepte gee. Sommige mense hou daarvan om slegs een styl in hul huis te hê, maar deur verskillende style te kombineer, kan jy jou huis meer uniek maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

5 wenke om modern met antiek te kombineer

  1. Trek ’n ouer bank oor met moderne materiaal
  2. Gebruik ’n moderne stoel by ’n antieke lessenaar
  3. Indien jy ’n ou hout-eetkamertafel het, verkoop die ou stoele en gebruik metaal stoele daarby
  4. As jy ’n moderne rusbank het, hang ’n antieke skildery bo dit en gebruik binnenshuise plante
  5. As een hele vertrek ’n meer antieke styl het, gebruik moderne hangligte as fokuspunt

Waar kan ’n mens antieke meubels kry?

  • Daar is baie tweedehandse winkels wat antieke-styl meubels verkoop wat jy dan net met nuwe lap kan oortrek.
  • Meeste winkels wat ons ken huisves meer as drie verskillende style en hier kan jy ook ’n gemengde kombinasie van antiek of modern aankoop.
  • Antieke aanlynwinkels – soek ’n bietjie rond – daar is verskeie aanlynwinkels wat soms van die oulikste items verkoop.

Laastens: moenie oorhaastige besluite maak nie. Dit is nie nodig om die eerste beste ding te koop nie. Kyk eers rond, jy weet nooit watter skatte jy later kan ontdek nie. As jy regtig van ’n meubelstuk of dekoratiewe element hou, sal jy plek vind in jou huis, maar moenie te veel op een slag aankoop nie. Dit is ’n proses.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar items wat ons vir jou opgespoor het:

Verskaffers
Arlington Antiques: arlingtonantiques.co.za
Block & Chisel: blockandchisel.co.za
Furnicape: furnicape.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Greta Gericke

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

3 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

4 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

4 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

4 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

4 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.