Deur Salomé Delport. Foto: pixabay
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die variasies van vegetariërs is genoeg om enigeen te verwar. Geen gasvrou wil haar gaste aanstoot gee nie, of met ’n rooi gesig sit omdat sy die kat (of is dit die bees?) aan die stert beet gehad het nie. Gelukkig is dit taamlik logies: Die basiese beginsel is dat elke groep die kositems wat hulle wel eet byvoeg by die term “vegetariër”, wat dit maklik maak om af te lei wat jy aan jou vegetariese gaste kan voorsit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Lees ook: Is daar genoeg proteïen in jou dieet?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die basiese konsep is dat vegetariërs nie die vleis van diere, voëls of seediere eet nie: Hulle eet dus nie vleis, hoender of vis of seekos nie. Maar daar is verskeie variante. Party eet wel voëls en vis – of vis maar nie ander diere en voëls nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Veganiste eet nie vleis van enige aard nie en daarby ook geen produkte wat van diere af kom nie – geen melk, jogurt, kaas of eiers nie. Baie sal nie eers heuning eet nie … en ook nie ’n leerhandsak besit nie.
Lees ook: 5 goed wat elke slim vegetariër by hul dieet sit
En dan is daar al die ander soorte keuses:
Hierdie groep vegetariërs eet nie vleis, hoender of vis nie maar hull eet wel melk (“lakto”) en eiers (“ovo”).
“Peske” verwys na vis of seekos. Dus eet pesketariërs nie vleis of hoender nie maar wel vis en seekos.
“Pollo-” verwys na hoender. Dié groep eet dus nie die vleis van diere nie maar wel hoenders, eend, tarentaal en so aan. Hulle eet ook eiers.
Jy is reg, hulle eet alles wat vlieg en in die water leef, maar nie landdiere soos bees, wild, skaap of vark nie.
Party verfyn hul beskrywings verder deur die terme oor en weer te kombineer. So sal ’n “ovo-pesketariër” eiers en vis eet maar hoender en vleis uitsny, terwyl ’n lakto-vegetariër melk, kaas en jogurt eet, maar nie eiers nie.
Hierdie groep eet groente en vrugte maar sal soms vis, hoender en selfs vleis eet. Vir hulle is insekte ook aanvaarbaar.
As jy Vrydae en/of Maandae vleisloos bly is jy self ’n fleksitariër.
Hierdie groep eet alle soorte vleis, insluitende insekte. Hulle sal nie daarop aandring dat jy insekte moet voorsit nie, maar hulle sal ook nie omgee as jy insekte opdis nie …
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.