Deel jou hart en WEN met Cadbury! – Inligting en foto’s verskaf
Deel jou hart met oorgawe dié Valentynsdag met die Cadbury Dairy Milk Pop Out Heart-sjokolade!
Vanjaar gaan Valentynsdag meer as ’n #GlassAndAHalf gevul wees, want Cadbury stel ’n beperkte weergawe, lipleklekker “Pop Out Heart”-sjokolade bekend, spesiaal vir al die sjokolade-liefhebbers. Met soveel liefde (en heerlike sjokolade) kan jy nie anders as om vrygewig te wees en liefde te deel nie!
Vriendelikheid en vrygewigheid is die twee belangrikste elemente in ’n blywende vriendskap, en al hoe meer studies verbind vrygewigheid met geluk in die algemeen. En daarom is vrygewigheid die kern van dié beperkte weergawe sjokolade-bederfies – onbaatsugtige omgee, en ’n voorwaardelike poging om iemand se dag ’n bietjie op te helder.
So, deel jou hart (#ShareYourHeart) dié Valentynsdag met ’n Cadbury Dairy Milk Pop Out Heart-sjokolade (beskikbaar in Original én Dream) – beskikbaar vanaf Januarie 2020 by alle groothandelaars landswyd.
Vir meer inligting oor Cadbury Dairy Milk Pop Out Heart-sjokolade, besoek hulle webwerf of volg Cadbury op Facebook, Instagram en Twitter.
#GlassAndAHalf
#ShareYourHeart
Deel jou hart en WEN met Cadbury!
Twee gelukkige rooi rose-lesers kan elkeen ‘n Cadbury-geskenkpak ter waarde van R2 000 wen!
Waaruit bestaan ’n Cadbury-geskenkpak?
Twee Superbalist-geskenkbewyse (elk ter waarde van R500) en 4 Cadbury Milk Diary-sjokolades.
Bepalings en voorwaardes geld.
Sluitingsdatum: 11 Februarie 2020
[gravityform id=”515″ title=”true” description=”true”]