kategorieë: Ons menseBekendes

De Klerk Oelofse gesels met ons oor ‘Juffrou X’ en die impak van onderwysers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dink terug aan jou skooldae, en daar is altyd ’n paar dinge wat uitstaan. Die hoogtepunte. Die tawwe tye. Daardie een meneer of juffrou wat uit hulle pad gegaan het om vir jóú die pad oop te maak. Die goeie dae van skooldanse, vriendskappe, eksamens, mislukkings en suksesse. In kort: ’n skool wat jou vir die toekoms voorberei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sommige skole het al hierdie kwaliteite, maar ook ’n donker kant wat vir leerders die lewe ekstra moeilik maak. In die grinterige nuwe kykNET-dramareeks, Juffrou X lê die leerlinge van Victory Heights Hoërskool in die Suid-Kaap se toekoms aan die ander kant van struikelblokke soos armoede, bendes, misdaad en dwelms. Gelukkig is daar ’n handjievol mense wat alles sal doen om die kaf van die koring te skei en daardie klippe vir hulle uit die pad te rol.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Juffrou X wys ’n outentieke kant van die onderwys wat in min Suid-Afrikaanse stories gesien word. Die reeks, met draaiboek en regie deur Hertzogpryswenner Tertius Kapp, bestaan uit agt episodes.

Wanneer ’n nuwe, dodelike dwelm die plattelandse dorp tref, word dit ’n saak van lewe en dood. Juffrou X, die wiskunde-onderwyseres (vertolk deur Trix Vivier), bevind haarself in die middel van ’n oorlog, met die skool as prys. Al dieper begeef sy haarself in die wêreld en rol van ’n vigilante, totdat sy sélf moet veg vir haar lewe. Wie kan vertrou word? En wie gaan uiteindelik oorwin?

Deel van die ster-rolverdeling is De Klerk Oelofse as Cameron le Roux, die nuwe, idealistiese Afrikaans-onderwyser. Hy was voorheen by ’n privaatskool in diens, maar besef vinnig daar is twee wêrelde wanneer dit by skole kom…

Ons het met De Klerk oor die aangrypende reeks gesels wat “die snykant van skole en onderwysers wat ’n verskil probeer maak,” wys.


Cameron was vir my interessant in terme van sy naïwe aanslag tot ’n verskil in sy leerders se lewens maak. Hy hoop dat digkuns en storievertelling genoeg van ’n ontsnapping van die uitdagings in hierdie kinders se daaglikse lewe kan bied. Hoewel dit ’n baie romantiese gedagte is, word die omstandighede waarin hierdie kinders grootword dikwels onderskat. Ek vermoed nie net deur Cameron nie, maar ook deur Jan Alleman.


Wel, albei my ouers was onderwysers, so ek het grootgeword met daai toewyding en opofferings. Ek dink nie dis maklik om ’n onderwyser te wees nie. Ek dink een van die grootste uitdagings is om die potensiaal in elke leerder te sien en dit dan te koester.


Ek dink die reeks het tog ’n tema van opstaan teen jou boelies. Dit gee dalk net iemand daar buite die moed om dieselfde te doen.


My Gr. 9 Afrikaanse meneer, Marius Botha, het nogal ’n indruk op my gelaat. Hy het my op sy stil manier baie bewus gemaak van die waarde en impak van stories, nie net d.m.v voorgeskrewe werk nie, as jy gelukkig was, het hy ’n paar van sy eie verhale gelees.


My pa sê altyd ek was nie juis ’n skoolvriendelike kind nie. Ek het maar vir pouse en interaksie met mense geleef. As ek moet eerlik wees, was ek nie veel met my skoolwerk gepla nie. Nie dat dit iets is om op trots te wees nie. Ek het wel op universiteit akademies goed presteer, wat dalk vir ‘n mens iets sê oor die waarde van ’n vakgebied kies waarin jy werklik belangstel.


Om in Wildernis te kon verfilm was vir my die lekkerste. Die gemeenskap het ons met ope arms ontvang, soveel so dat ek en Brendan Daniëls een middag saam met die Wildernis Rolbalklub ’n paar balle gaan afstuur het!

Juffrou X’ wys Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die Oktober-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Sonderlinge Simoné  Simoné Pretorius het as aktrise naam gemaak, maar dié dinamiese vrou…

2 days Gelede

Leer hoe om selfgeldend te wees

Om gaaf, oulik en die minste te wees kom vir baie mense teen ’n prys.…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Diepe waters’ se twee nuwe gesigte

Seisoen drie van die gewilde kykNET-telenovela Diepe Waters het vandeesweek afgeskop, en met die nuwe…

2 days Gelede

Spek-en-sampioen-pasta

Spek-en-sampioen-pasta   Genoeg vir 4.   Bestanddele   125 ml (½ k) gedroogde porcini- of…

2 days Gelede

Vis in krakerige bierbeslag

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Borskanker neem toe onder jonger Suid-Afrikaanse vroue

Oktober is Borskankerbewustheidsmaand    Borskanker, wat die algemeenste vorm van kanker onder Suid-Afrikaanse vroue is,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.