Kry ’n moderne 60’s haarstyl met die volgende stappe:
Dit het jy nodig
’n Bolla-ring soos die Denman Bun Ring
Trevor Sorbie Styling Invisible Hold Mousse
Trevor Sorbie Styling Dry Shampoo
Haarknippies wat by jou haarkleur pas
Trevor Sorbie Styling Firm Hold Hairspray
Trevor Sorbie Straight Protect & Shine Spray
Stap 1
Nadat jy jou hare gewas het (jou hare moet nog klam wees), wend van die Trevor Sorbie Styling Invisible Hold Mousse aan jou hare. Deel jou hare in twee, vertikaal van agter jou ore en oor die kroon van jou kop. Steek nou ’n bolla-ring in die middel van jou kroon met knippies vas.
Stap 2
Gebruik nou die onderste gedeelte van jou hare en steek dit boontoe, na die bolla-ring, vas. Druk jou hare saggies in die middel van die bolla-ring in en steek vas met knippies soos nodig. Gebruik nou die Trevor Sorbie Styling Firm Hold Hairspray en spuit oor die onderste gedeelte om die hare in plek te hou.
Stap 3
Vir ekstra volume op jou hare; gebruik die Trevor Sorbie Styling Dry Shampoo. Die produk sal ’n “matte” tekstuur op jou hare los wat dit toelaat om makliker jou hare te pluiskam. Sit die kam op die punte van jou hare en kam afwaarts na jou wortels toe.
Stap 4
Vat nou sagkens die hare agtertoe en druk die punte in die middel van die bolla-ring en steek vas met knippies. Los ’n gedeelte van jou kuif om jou gesig te versag. Gebruik nou die Trevor Sorbie Styling Firm Hold Hairspray om die boonste hare in plek te hou en die Trevor Sorbie Straight Protect & Shine Spray om die glans terug te versorg wat die droë sjampoe moontlik verwyder het.