Leonete Galiano, eienaar en stigter van die Wema Bodycare-lyfreeks (’n plaaslike skoonheidsreeks met natuurlike bestanddele), sê “’n Eenvoudige verandering in jou skoonheidsroetine, soos ’n lyfskrop, sal jou vel gereed maak vir die somer.”
Leonete se lyfskrop-resep is so maklik soos 1,2,3!
1. Sny ’n pomelo in die helfte
2. Sprinkel ’n teelepel suiker oor die pomelo
3. Vryf dit op jou knieë en elmboë
![](https://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2023/09/georgia-de-lotz-2_SsaB4sEss-unsplash-480x600.jpg)
“Dit is regtig só maklik” sê Leonete, “’n Pomelo is propvol Vitamien C en bevat natuurlike kollageen, ’n proteïen wat jou vel plomp en sag laat.”
Lees ook: Maak jou eie skoonmaakmiddels op die natuurlike manier