kategorieë: Wenke

Cindy Nel se reiswenke

Pak:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Pak 3 of 4 pashminas in verskillende kleure, jy kan dit gebruik as ’n serp, sarong, kopdoek of sak.
  • Rol jou klere op (soos ’n handdoek), dit vat minder plek en verhoed dat jou klere kreukel.
  • Pak jou kosmetiese produkte, velsorgprodukte en onderklere in aparte Zip-Lock sakkies, so vind jy dit makliker en jou tas bly netjies.
  • Om te keer dat die vloeistof in jou produkte lek (en al jou klere beskadig) gebruik ’n klein vierkantige plastieksakkie en wend dit bo-oor die produk, draai weer die doppie bo-oor vas.
  • Beskerm jou poeieragtige produkte (wat so maklik kan breek!) en sit ’n klein katoenballetjie bo-op die poeier en maak dit saggies toe.
  • Pak jou grimeerborsels in ’n ou sonbrilhouer sodat jy dit nie verloor nie.
  • Belangrik… los spasie in jou tas vir ingeval jy iets wil terugbring!

Velsorg:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • Gebruik selfverbruiningslappies om die vel eksta glans te gee.
  • Hou ’n klein haarborsel in jou handsak om jou hare netjies te hou.
  • Wanneer jy reis, raak jou vel droog en dis daarom belangrik om ’n water-sproei in jou sak te hou om jou gesig te verfris en hidreer.
  • Wend ’n goeie, intensiewe room aan jou lyf voor jy vlieg, dit sal hidrasie in jou vel verbeter en nie jou vel so baie uitdroog nie.

Reis:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Onthou kafeïen kan lei tot dehidrasie, drink eerder vloeistowwe soos vrugtesap en water om jou gehidreer te hou.

Skoonheidsprodukte:

  • Grimeerverwydering-lappies is ’n MOET, gebruik dit om jou vel te vervris, en ook as jy nodig het om iets skoon te maak.
  • Hou ’n neutrale lipstiffie in jou hansdak soos Essence Long Lasting Lipstick Dare to Be Nude, ’n maskara soos Essence Lash  Curler Volume & Curl Mascara, en ’n bb-room  soos Essence All-In-One BB Cream wat maklike en natuurlike dekking gee.
  • Vermy helder naellak op jou hande (dra eerder op jou tone, kleur hou gewoonlik langer op jou tone) en gebruik ’n ligte, neutrale skakering op jou vingerpunte, enige “chips” op jou naels sal nie so vinnig wys nie! Probeer Essence Colour & Go Nailpolish.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

3 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

4 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

4 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

4 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

4 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.