David Krynauw – Mooi ruimtes is sy forté deur Cornel Dunn. Foto’s verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die Loeries 2019 het op 24 Augustus plaasgevind. Ons het nader kennis gemaak met David Krynauw wat die Grand Prix-prys vir ontwerp in argitektuur gewen het.
Die Loeries is Afrika en die Middel Ooste se primêre inisiatief wat uitstaande gehalte van ontwerp erken. Altesaam 2500 inskrywings is ontvang waarvan 16% van buite Suid-Afrika was. Die kompetisie is beoordeel deur 140 internasionale beoordelaars. Altesaam 296 Loeries is toegeken, waaronder slegs 5 die gesogte Grand Prix toekenning ontvang het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Al wat ek as kind wou doen, was om ’n boomhuis te bou. In my jongdae het ek saam met my pa geleer om draaiwerk te doen, en toe later, toe my pa sien dat ek ’n beroep daarvan wou maak, is ek toegelaat om op die “gevaarlike” masjiene te werk. Ons huis was vol oorsese boeke wat houtstrukture beskryf, en ek kon ure lank daardeur blaai. Ek het nog altyd gedink ek wil graag ’n houthuis bou.
Ek het op Piet Retief grootgeword. My pa, ’n chemiese ingenieur, het die hotel op die dorp besit. Dis waar hy begin meubels maak het, want hy het gereken dit is beter om die meubels self te vervang as om iets te koop waarvan hy nie hou nie. Hy het ook begin boer, en het ons plaas Madola in 1995 buite Piet Retief gekoop en besluit om ’n saagmeule op te sit om die hout wat ons groei in planke te verwerk. Ek was in graad 10 (2001) toe my pa besluit het om alles op die dorp te verkoop en plaas toe te trek. Ná my studie het ek in 2008 plaas toe getrek om my onderneming te begin.
Ek het B.Sc. Agric. (wingerd en wyn) aan die universiteit van Stellenbosch gestudeer.
Ek kyk nie noodwendig op na een persoon nie, maar meer na ’n beweging of uitvoering. Ek probeer ook om my nie te veel bloot te stel aan ander se werk nie maar om eerder tyd in die natuur deur te bring en uit myself uit te tap. God het soveel kreatiwiteit in ons elkeen geplaas en Sy skepping is so inspirerend dat ’n mens nie verder hoef te kyk as dit nie. Ons almal het soveel potensiaal om te kan skep. Dit is duidelik sigbaar as mense wat skep eg bly aan die natuurlike bron wat in hulle is.
Dit is ’n groot eer en motivering. Kleine Rijke was ’n eksperimentele projek en die reaksie daarop was nogal belangrik. Dit is altyd moeilik om te peil hoe mense iets nuuts en anders gaan ontvang. Die toekenning gee die nodige positiwiteit om aan te hou droom en doen.
Dit was sterk, ja. Die benoemde argitekte is almal welbekend en gerespekteer in die veld en dit was werklik ’n groot eer om net benoem te kon word.
Ek het Kleine Rijke saam met my meisie, Jasmyn Pretorius, aangepak. Die plaas by Hartbeespoort waar die projek aangepak is, het aan Andries Pretorius, die held van Bloedrivier, behoort.
Jasmyn is baie sentimenteel oor die grond en die herkoms daarvan. Sy het ’n ruk lank met die idee geloop om Kleine Rijke as kosmark en onthaallokaal te bemark maar die tyd was nog nie reg nie. Ons het aan die werk gespring toe haar kleinsus in die ou plaasstoor wou trou en ons besef het die plek gaan te klein wees vir die aantal genooide gaste. Die ou stoor is afgebreek en Kleine Rijke is binne drie maande opgerig. God was baie getrou in hierdie hele proses en het ons stappe gelei. Ons was self redelik verbaas oor hoe mooi alles op die end bymekaar uitgekom het. Min hiervan was vooraf beplan.
Die projek was geloofsbouend en uitdagend. Daar het wonderlike groei gedurende die proses plaasgevind, asook groot bevrediging om iets ouds en vergete in iets nuuts en anders te omskep.
Die hele projek het slegs uit uitdagings bestaan. Dit was ’n ongelooflike moeilike ding om aan te pak, veral met die tydlyn waarop ons dit gedoen het maar God was getrou en het ons stap vir stap daardeur gedra. Dit sou ondenkbaar wees sonder Sy hand op hierdie projek. Ons het daagliks wonderwerke beleef en doen steeds.
Ek dink ons swak punt is ook ons sterk punt. Suid- Afrika het ’n tekort aan ambagsmanne, wat dikwels die maak of breek van ’n projek beteken. Dit dwing ons om prakties aan die ontwerp te dink om beter te verstaan hoe die dinge aanmekaar moet kom. Hierdie tegniese kennis wat ons ontwikkel, stel ons in staat om die ontwerp deur te werk van idee tot uitvoering en dit maak ons beter en meer innoverende ontwerpers.
Kry en ontwikkel jou eie taal.
Vir meer inligting besoek David se webtuiste. Davidkrynauw.com
Vir nog wonderlike inspirasie, loer hier
Riaan Grobler, ’n geliefde radio-omroeper by Pretoria FM asook bekende skrywer en sanger, bewys weer…
Bestanddele 45 ml (3 e) olie 4 klein lamskenkels, die sening afgesny 2 wortels,…
Genoeg vir 6. Bestanddele Jy hoef nie die filo te weef nie, jy kan…
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Hierdie webwerf gebruik koekies.