Die opgefrommelde tissues lê soos dooie duiwe op my bedkassie. Die punt van my neus is rooi en skurf geblaas. Murphy se tydsberekening is oudergewoonte heel onvanpas. Die snuifsiekte wou my verlede week al plattrek, maar ek het kaalvuis baklei tot vanoggend. En hier lê ek nou op die naat van my rug met die 17-week oefenprogram wat aan my gewete knaag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ek het agter in die ry gestaan toe geduld uitgedeel is. Ek is reg om te oefen, magtag!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Een ding wat my vorige avonture my darem wel geleer het, is dat daar altyd iets is wat mens ter voorbereiding kan doen: As die oefenprogram sê ‘Platteklip’, maar jy’s in ’n hotel in Bloemfontein, dan klim jy hoteltrappe. As jou knie so geswel is dat jy nie in die berge kan hardloop nie, dan hardloop jy in die swembad. En as griep jou plattrek, dan lees jy en jy doen navorsing.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); } Daarom dat Debra Veal se ‘Rowing it alone’ ook hier langs my bed tussen die tissues lê. Sy’t in 112 dae oor die Atlantiese Oseaan geroei, van Wes-Afrika tot Suid-Amerika. Alleen. Dis ’n baie inspirerende boek en ek vee kort kort die trane van die bladsye af. Sy skryf, na twee maande op see was sy taamlik sonder motivering en sy het ’n oggend-ritueel begin wat sy noem : "Choose your attitude." Nou kyk, ek is maar ’n hippie in my hart. Ek hou daarvan as dinge organies gebeur (en ek kan sien dat my man op hierdie oomblik sy oë rol). My emosies is bepalende faktore in my lewe en ek ‘voel’ hoe ek ‘voel’. Aangeplakte postiewe denke het nog altyd vir my ’n bietjie vals gevoel en ek sluk swaar aan motiveringsprekers se ‘yes! yes! yes!’ manipulasie-preke.
Maar hier is ’n vrou wat moedswillig beheer neem oor haar situasie en haar hele ervaring omdraai van negatief na postitief. Ek onthou dat ek soortgelyke positiewe selfspraak toegepas het tydens my 8 ure Otter-wedloop. As jou bene jou nie verder wil dra nie, kan jou kop dit doen.
Ek begin summier oefen: Choose your attitude, Murray.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }En ek kies: Tevrede.
Tussen die tissues lê my rekenaar ook. Tydens my 26 dae se stap deur die Namib-woestyn sal ek geen mense teëkom nie, maar wel diere. Die strandwolf, bruin hienna en daai geniepsige slangetjie, die ‘sidewinder’. Ek wil soveel moontlik weet. Onkunde is nie ’n opsie nie. Anette en ek sal (sover ons weet), die eerste vroue wees wat hierdie stuk woestyn alleen aandurf. Ons kan dus nie uit vorige avonturiers se foute leer of op hul advies staatmaak nie. Hierdie boek skryf ons self.
Debra Veal was op die ou end die laaste deelnemer van die Ward Evans Atlantic Rowning Challenge wat in Barbados aangekom het. Maar sy was ook die enigste solo roeier. En die enigste vrou. Die Times koerant se opskrif was dus uiters gepas: " The winner is the contestant who came last."
Ek sien uit na my eie avontuur.
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 1 ½ koppie gladde medium-vet maaskaas – kamer…
Daar is baie maniere en wenke om vetplante te laat gedy. Hier is nege wenke…
As Karlien van Jaarsveld die horlosie kon terugdraai, sou sy dieselfde keuses gemaak het, want…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 2 koppies koekmeel ¾ koppie Amasi ¼…
28-dag oefenprogram vir beginner-fietsryers deur Salomé Delport. Hooffoto: zozzzzo/istock images As jy na veertig begin…
Ek het my verhouding met kos verander en jy sal nie glo wat volgende gebeur…
Hierdie webwerf gebruik koekies.