kategorieë: Blogs

Dans oor die Duine: 14 Julie

Eers toe ek aan die bokant van die stel trappe kom, besef ek hoe onfiks ek is. Al blasende soos ’n stoomtrein laat gly ek die kind van my rug.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op 4 Oktober begin my 680km stap deur die Namib-woestyn, en vir die eerste keer is ek bekommerd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek klim met kind op die rug die 75 trappe af na die strand… en weer op.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Om te oefen gedurende die skoolvakansie met twee kinders om jou voete verg ’n goeie dosis kreatiwiteit en ’n sin vir humor. So hier hyg ek nou. Op die oefenprogram staan ‘2ure stap’. So toe reken ek, as ek vir een uur trappe klim met ’n 20 kg meisie op my rug, kry ek darem seker ’n paar punte, of hoe?

Ons hou vakansie in Wildernes. Ek koester elke oomblik met die kinders omdat ek weet ek gaan hulle die hele Oktober nie sien nie. Ons bou sandkastele by Noetzie, gaan voer die Knysna-olifante en soek feetjies by ‘Garden of Eden’. Schalk werk nog steeds sy 3 dae ’n week in Johannesburg, so selfs die ‘pappa-aktiwiteite’ val netjies in my skoot.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Soos visvang.

Wie vang nou vis sonder lewendige aas? Ek vra jou.

Pappa het gerieflik die 2 visstokke gekoop en die boksie met helderkleurige rubber-aas onder die kar se sitplek gelos. En toe is hy vort om in Sodom en Gomorra die pot aan die kook te hou. Hoe nou gemaak? Laas toe ek visgevang het was ek 8 jaar oud en het ek onder die wakende oog van my Oupa Mike die wriemelende prons self uit die rivier modder gepomp. Maar Oupa het die aas aangesit. En Oupa het die sinker aan die vislyn geknoop en Oupa het die lyn deur al daai ringetjies op die visstok geryg. Ek het nie ’n benul hoe nie. En hoe meer ek probeer hoe dommer word my vingers.

My seun het vir 20 min met my baklei oor die katrol-aksie, want ek doen soos my oupa my geleer het, en hy sê Pappa doen dit anders.

Nou ja, die visvang-ekspedisie het in trane en ’n paar vloekwoorde geeïndig. En ek dink stilweg: ek stap veel eerder vir ’n maand lank deur die woestyn, baie dankie!

Drie dae later en terug by die huis is die Van der Merwe-gesin darem weer voltallig en ons vier pak Leeukop. Die twee ure stap tot bo-op hierdie koppie langs Tafelberg is meer ’n ‘klim’ as ’n ‘stap’ en ek moes telkens my hart saam met my kinders vashou soos ons met ons boude teen die kranse skuur. Ek kan nie glo dat my twee rakkers tot bo gekom het nie!

Ek weet hierdie is die oomblikke wat ek sal onthou as ek in Oktober deur die woestyn skuifel. En as my dogter vir my op Walvisbaai se kaai inwag sal sy verstaan dat my 680km reis amper was soos haar klim teen Leeukop… net ’n klein bietjie langer.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: blogs

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

7 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

7 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

8 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

8 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

11 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.