kategorieë: Blogs

Dans oor die Duine: 13 Augustus

Ek moet vandag hard op my tong byt. Hard. Want ek het ’n spesmaas ek gaan hierdie wag voor my mond ontvoer en dan gaan my ma wonder waar haar goed opgevoede dogter dan nou heen is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In my kuberboks lê ’n brief wat vir my en Anette toestemming tot die woestyn weier. Ons was onder die indruk hierdie laaste handtekening is net ’n formaliteit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Toe nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Laat ek nou met my laaste bietjie wilskrag nie name noem nie, maar net sê dat ek lanklaas iemand met soveel passie aan die strot wou gryp.

Nietemin gaan ek en Anette voort om deur middel van e-posse, oproepe en geregistreerde briewe hierdie besluit te bevraagteken en hopelik kry ons binnekort daai entosiastiese JA! wat ons bly ontwyk. (En ek het gedink die stàp gaan die moeilike deel van hierdie projek wees!)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dus het ek hierdie week glad nie geoefen nie. Ek het op my stoep gesit en kyk hoe die res van Melkbos voor my huis verbydraf terwyl ek myself bejammer.

Ek was wel verlede week in Atlantis se duine. Met my dogter op my rug het ek vir die eerste keer gevoel hoe voel die los sand onder my voete en hoe sing my bobene teen die bulte op. Dis toe dat ek wéét dat ek weet ek sal die maandlange woestynstap geniet. Met net die wit heuwels voor my en ’n gesprek in my kop. Op 30 Oktober word ek 40 en ek sou op daardie dag kuslangs oor die duine in Walvisbaai aankom. My man en kinders sou vir my wag.

Dit gaan nou nie meer gebeur nie. Wel, nie op my verjaardag in Oktober nie.

Ek en Anette hou duimvas vir November. Dalk kry ons toestemming vir November. Dalk vir volgende jaar. Wie weet.

Ek het onlangs die fliek ‘Tracks’ gekyk. Dit vertel die storie van Robyn Davidson wat in 1977 op haar eie vir 1700 myl deur die Australiese Outback gestap het. Wat ’n inspirerende film! Ek wens vir so ’n belewenis. En as ek kyk na watter struikelblokke sy moes oorkom, dan is hierdie een ontwykende handtekening maar ’n klein klippie in ons stapskoen.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

31 mins Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

3 hours Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

4 hours Gelede

Choux-kerskranse

Lewer sowat 9 kranse   Bestanddele   100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…

4 hours Gelede

Geroosterde aartappel-en-spek-slaai

Genoeg vir 4.   Bestanddele   6 aartappels, in wiggies gesny sout en gemaalde swartpeper…

4 hours Gelede

Vinnige salmpasta

Genoeg vir 4. Bestanddele   500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti 250 ml…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.