kategorieë: Blogs

Dans oor die Duine: 12 Junie

Die dokument met my 17 weke-oefenprogram lê oop voor my. Ek gaan hik! Sit-ups, Super Circuit, berge uitklim en buitebande trek oor die duine. Magnesium-aanvullings, vitamine B-inspuitings en kleiner maaltydporsies. Anette Grobler is deeglik. Hierdie avonturier het al vrou-alleen vir 28 dae langs die Skedelkus gestap. Sy ken die woestyn. En sy ken van oefen. Ek is baie dankbaar dat sy die een is wat langs my gaan stap. Vir 680 km. Van Luderitz tot Walvisbaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bali se hitte en rus is vergete. Die twee weke breek saam met my man was net genoeg om my battery te laai en myself geestelik in te stel vir hierdie volgende paar maande. Ek moet woestyn-fiks word en tussendeur hierdie maandlange ekspedisie reel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Anette het aangedring: ‘Jou reis begin reeds nou.’ Elke stukkie voorbereiding, borgaansoek en reklame is deel daarvan. Ook elke struikelblok en teenkanting. Dis soms moeilik om positief te bly. Die proses van aansoek doen vir permitte en toestemming vra van regerings se instansies en konsessiehouers het reeds in Februarie begin… en nog steeds bly sommige deure bot-toe. En dan is daar altyd die geldelike kwessie…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Op ’n manier is hierdie projek ’n metafoor vir die lewe, en ek moet besluit hoe ek daarop wil reageer. Ek is maar van nature ’n pessimis. ’n ‘Glas half-leeg’ tipe meisie.

Ek hoop om aan die einde van hierdie reis ’n boek vol dagboekinskrywings vir my dogter te los. Lesse wat ek geleer het, besluite wat ek geneem het. En dat ek iewers tussendeur alles vir haar kan wys ek het geleer om die glas half-vol te sien. Ek glo hierdie hele 5 maande proses sal ’n rubikon tydperk wees. Soos my dierbare vriend oor my woestyn-stap gesê het: "Ek sien uit om die vrou te ontmoet wat in Walvisbaai aankom."

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

En ek moet sê: ‘Ek ook!’

Vir eers konsentreer ek op nòù. Melkbos se strand wag. Net 45 minute vandag, sê die oefenprogram, en ek maak my veters vas. Vergeet van die toe deure en vergeet van die finansiele druk.

Die see bly links van my soos ek Koeberg se kant toe draf en ek onthou die woorde van Uys Krige se gedig: ‘Ken jy die see Meneer? Ken jy die see? Hy lyk nou soos jou voorstoep blinkgeskuur en kalm soos min dinge hier benee, maar hy’s gevaarliker as vlam of vuur. Dan sê jy nog Meneer, die vis is duur.’

‘Half-vol, Murray, half-vol’ knars my voete teen die nat sand…

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: blogs

Onlangse plasings

Korslose hamquiches

Hierdie korslose hamquiches smaak heerlik én is laekoolhidraat!

25 mins Gelede

Jou somer-opknapgids vir jou tuin

Hier is ’n paar doeltreffende idees om plante gesond, mooi en goed gestruktureer te laat…

17 hours Gelede

‘Kyk wie praat’: De Klerk en sy klitse keer terug na kykNET!

Berei jouself voor vir ’n lekkerlag-saamkuiersessie tydens die vierde seisoen van kykNET se vermaaklike Kyk…

19 hours Gelede

Hou vlieë uit jou huis! Hier’s 10 afskrikmiddels wat jy self kan maak

Die vlieg is seker een van die mees onwelkome kuiergaste. In Suid-Afrikaners word vliegplae deur…

22 hours Gelede

Bo-Kaap se bobaas-kok André Hill deel sy gunsteling-resep vir Valentynsdag

Aan die stuur van die Radisson RED Waterfront se opwindende kulinêre toneel is Uitvoerende Sjef…

1 day Gelede

15 dinge wat jou help om op versekering te spaar

Moenie te veel geld bestee op versekering nie! Hier is 15 dinge wat jou help…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.