HOP HOP
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Adrian dra Amelie tot in die luukse voorportaal van die Grand Plaza Athenee. Hy sit haar neer op ’n stoel naby die concierge en binne minute verskyn ’n portier met ’n rolstoel. Sy wens sy was deurskynend want dit voel of elke gas haar uit die hoogte aanstaar. Het hierdie mense nie simpatie nie? Sy is moeg en in pyn. En, sy wil nie meer in Parys wees nie. Sy wil in haar stokou huis langs die Palmietrivier wees. Sy is moeg, vuil en kwesbaar. Die uitrusting wat sy die oggend beplan het om Adrian mee te beïndruk, lyk gehawend na die uitmergelende dag in Delville bos en Longueval. Sy is seker daarvan sy ruik al sweterig en sy weet haar hare is besig om hulle nukkerige koers uit die haarknippe te kry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Ek dink dit sal beter wees as ek in die hotelkamer wag terwyl jy en jou ma gaan aandete eet,” probeer sy uit die ongemaklike situasie kom want sy weet in die snobistiese L’Avenue Restaurant gaan die mense haar beslis ook in die rolstoel aanstaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Jy vergeet die aand is beplan sodat jy en Mamma mekaar kan ontmoet? Dit is jou eie skuld dat jy seergekry het. Sulke verspotte skoene!”
Amelie se maag bewe by die gedagte aan haar eerste ontmoeting met Arianne. Sy kan nie verklaar hoekom sy so geintimideerd voel deur iemand wat sy nog nie ontmoet het nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Adrian gee ’n kort harde kloppie aan die deur.
Arianne snak hoorbaar na haar asem as sy oopmaak.
“O genade, ek het nie … Ek was nie heeltemal voorbereid hierop nie. Dis byna onwerklik!” Sy buig vooroor en druk Amelie teen haar vas.
“Amelia,” fluister sy sag. “As Moeder dit tog net kon beleef.”
Amelie probeer regop kom, maar Adrian druk haar sag terug en stoot haar by die luukse suite in. Teen ’n kas hang drie rooi rokke.
“Ek hoop nie jy gee om dat ek die vryheid geneem het en vir jou iets vir die aand uitgesoek het nie?”
Amelie kry nou eers tyd om die fyn mensie voor haar te bestudeer. Sy is super elegant en dra haar jare baie goed. Sy sien beslis ’n familietrek met Amelia in haar jonger suster.
“Jou badwater is getap. Adrian, help haar tot in die badkamer. Jy sal sien ek het vir jou lekkerruikgoedjies en nuwe onderklere neergesit. Ek is seker dit sal pas. Voor jy weer aantrek, lui net die klokkie want ’n verpleegster van die hotel sal jou enkel kom verbind.”
Die warm geparfumeerde stoom laaf die moegheid uit Amelie se lyf.
Sy skaam haar skielik oor haar wantrouigheid oor Arianne. Sy is dan so gaaf en hartlik? Miskien gaan die besoek tog ontspannend en heerlik wees. Dalk wil die Marceaux net die familiebande versterk.
Na die stoombad laaf die verpleegster haar enkel met ’n balsem en verband voor sy haar help om die rokke aan te pas. Elkeen pas asof dit vir haar gemaak is. Die laaste rok gee Amelie egter koue rillings. Dit is byna identies aan die rooi rok van Amelia wat sy in die krat gekry het!
Sy staar na haarself. Dis Amelia wat na haar terugstaar.
Asof dit iets is wat sy elke dag doen, begin die verpleegster Amelie se hare kam. Die welige krulle geniet die stomende badkamer.
“Los dit net so, jy lyk asemrowend,” se die verpleegster sag voor sy uitstap.
Amelie hoop heimlik dat Adrian ook dink sy lyk mooi. Na die aaklige dag het sy ’n behoefte daaraan om vir hom mooi te lyk. Al is hy bloedfamilie.
Hy staan voor die venster met ’n glas wyn in sy hand as sy op een been uit die badkamer hop. Nie juis die elegantste prentjie nie, besef sy. Gelukkig maak sy dit tot die naaste stoel voor hy omdraai.
“O, jy is klaar? Mamma sal ook nou hier wees. Kan ek vir jou skink?”
Hy beduie met die glas in haar rigting en sy voel effe afgehaal dat hy nie ’n aanmerking oor haar voorkoms maak nie. Buffel.
“Ek sal Mamma vra of sy ’n sjaal vir jou het. Daardie rok is baie kaal vir die koue.”
Amelie voel afgehaal. Die man het die sensitiwiteit van ’n stootskraper.
Adrian is taamlik kil en op pad restaurant toe is dit is Arianne wat die praatwerk doen. Sy vra uit na die herstelwerk aan Mon Abri. Dit is duidelik dat sy heelwat van haar suster se ou huis weet.
Die L’Avenue is ’n uithangplek vir glansmense en skatryk Parysenaars. Tot Amelie se verligting is al die besoekers se aandag gevestig op die aankoms van ’n Franse rolprentheld en sy geselskap en niemand steur hulle aan die vrou in die rolstoel nie.
Sy moet egter op haar tande kners om haar nie vir Adrian se dominerende houding te vererg nie. Hy gee haar nie ’n keuse van watter drankies sy wil bestel of wat sy wil eet nie. Al verstaan sy nie Frans heeltemal nie, is sy seker daarvan die kelners sal geregte in Engels aan haar verduidelik? Haar enkel is seer, sy het nie haar brein beseer nie.
Dit lyk nie of Arianne besef hoe onbedagsaam haar seun is nie. Seker gewoond daaraan. Tog laat hy sy ma toe om haar eie geregte en drankies te kies. Dalk dink die man sy is niks gewoond nie. Hoe arrogant!
“Ek is so bly jy gaan Adrian met ons boek help. My suster het so ’n interessante geskiedenis. Dink jy nie ook so nie?”
Amelie sluk twee groot slukke wyn af van verontwaardigheid. Eers maak Adrian of dit sy boek is en nou matig sy ma haar mede eienaarskap van die boek aan! Sy sal vinng haar grense moet afbaken anders gaan hierdie mense oor haar loop, besef sy.
“Toevallig het ek ’n boek van my eie beplan. Iets uit my perspektief. Van hoe ek Amelia beleef vandat ek in haar huis bly.”
Arianne glimlag liefies, maar Amelie kan sien dat haar nek effe stywer geraak het.
“Ek hoor jy het goeie speurwerk gedoen. Verstommend dat dit juis jy is wat Mon Abri gekoop het? Wys jou net hoe kragtig die noodlot kan werk. Ek hoop die noodlot wys daardie aaklige mense op Sederfontein dat hulle nie kan weghardloop van die verlede nie. In jou geval is dit asof die verlede in lewende lywe na die dorp teruggekeer het.”
Amelie vertel haar kortliks van die vyandigheid van die Groenewalds, maar laat uit dat Phillip Groenewald haar verneder het.
“Sy pa het my suster vir jare verneder.” Dis asof Arianne Amelie se gedagtes eggo.
“Sy was verblind deur haar liefde vir daardie swakkeling. Hy het haar jeug … haar hele lewe gesteel. En ons familie geskeur. Hy het ‘n geweldge houvas op Amelia gehad. Selfs na sy dood het sy verkies om in daardie godverlate plek te bly waar die gemeenskap haar verstoot het.”
Arianne se stem bewe van bitter woede.
Amelie weerhou haar daarvan om te veel inligting aan die Marceaux uit te lap want sy vertrou hulle steeds nie heeltemal nie. Sy is bang hulle sal haar feite in hul eie boek gebruik. Om Arianne se aandag af te lei, begin Amelie haar oor haar lewe uitvra.
Daar slaan gou ’n bitterheid teenoor haar suster deur. Arianne moes blykbaar in die skadu grootword van haar ma se hartseer oor haar suster.
Adrian neem nie juis aan die gesprek deel nie. Hy straal ’n stuurse norsheid uit en die enigste vriendelikheid skemer deur as ’n slanke blondine wat lyk asof sy pas van ’n modesessie seur Vogue gearriveer het hom met stroperige sjarme kom groet.
Inge Rosell gee skaars ’n kopknik in die rigting van Amelie, maar val byna oor ‘n stoel om Arianne te groet.
Amelie sukkel om die gesprek in Frans te volg en die groepie doen ook geen moeite om iets vir haar te vertaal nie. Dis asof sy vir ’n ruk nie bestaan nie. Die driestuks ken mekaar skynbaar goed en Inge kan dit blykbaar nie weerstaan om gedurig met haar fyn hande oor Adrian se arm en wang te streel nie. Hy gee haar sy skitterglimlag en soen haar op die wang en voorkop. Daar is beslis sensuele vonke tussen die twee.
Die situasie laat Amelie weer besef hoe onbedagsaam die Marceaux is. Hulle doen geen moeite om haar by die gesprek te betrek nie. Sy is ook nie verbaas as Adrian homself verskoon en saam met Inge wegstap nie.
Arianne lig uiteindelik haar glas in Amelie se rigting om haar bestaan te erken.
“Op my suster se nagedagtenis?” Sy gee ’n kort laggie. “Liewe Amelia … Tot na haar dood probeer sy my lewe verongeluk.”
“Wat bedoel jy? Hoe verongeluk sy jou lewe?”
“Ek het jou nie as dom opgesom nie. Dink jy ek weet nie wat jy eintlik hier kom doen het nie? Dit gaan oor daardie basterkind van Amelia se erfgeld. Vir haar was dit nie genoeg om deur die jare my Moeder emosioneel af te pers om haar daar in die wildernis te onderhou nie. Sy het gesorg dat sy die erfporsie kry waaruit Vader haar met bitter trane gesny het.”
In die emosionele stortvloed beken Arianne sy was verskeur tussen haar lojaliteit aan haar ma en pa en dat sy voel sy is die een wat hulle beide tot op hul sterfbeddens bygestaan het.
“Amelia en haar basterkind verdien niks geld uit die erfporsie nie en ek het reeds seker gemaak dat jy ook niks gaan kry nie. Verstaan jy my?”
“Arianne, het jy enige idee hoe ’n wonderlike mens my ouma Alett was? Sy het eenvoudig geleef, maar was ’n fyn opgevoede mens sonder die Marceaux geld. Sy het nie ’n keuse gehad in die omstandighede waarin sy gebore is nie, maar dieselfde bloed as wat in haar are geloop het, loop in joune .. en in myne.”
Arianne gooi haar kop agteroor en skater.
“O, ek het dit geweet. Jy is ’n fortuinsoeker met die noodlot aan jou kant. Jy kon seker nie jou geluk glo toe jy die geheime van Mon Abri begin ontrafel nie. Het seker al die pad gehoor hoe die geld klingel? Maar jy gaan teleurgesteld wees, my liewe mens. Daardie dokumente wat jy tussen my suster se gemors gekry het, is lankal nie meer relevant nie.”
“O ek dink weer dit is! Het julle regtig gedink julle sal my kan boelie? Is dit hoekom julle my genooi het? En nog ‘n ding. Die boek. Ek gaan hom skryf. Alleen. Jou seun kan maar sy eie boek skryf. Myne gaan die ware verhaal van Amelia vertel.”
Arianne se oe blits van woede.
“Laat ek jou ander plannetjie ook sommer hier kelder. Jy dink seker nie ek kan sien hoe jy na Adrian kyk nie? Jou oog ook op die res van die Marceaux geld? Maar jy, my liewe mens, het nie genoeg klas om ’n Marceaux te wees nie. Inge … Hoop jy het mooi na haar gekyk. Sy is uit die gesogte ou wyn-adel. Ingebore klas. Haar familie het dieselfde geskiedenis in die wyn-adel in Frankryk as ons. Moenie dink Adrian gaan vir ‘n ou vroutjie uit ‘n ongekultiveerde agtergrond uit Afrika val nie.”
Amelie kan stik van woede. Sy staan op en neem haar voor om ’n taxi te kry om haar na ’n hotel in ’n goedkoper deel van die stad te neem. Sy wil nie nog ’n oomblik in die arrogante, onbeskofte Marceaux se teenwoordigheid deurbring nie. As sy terug is in Suid-Afrika, gaan sy ’n gedugte span prokureurs aanstel om Alett se deel van die erfporsie op te eis. Sy sal die Marceaux wys watter murg in haar Suid-Afrikaanse herkoms skuil.
Sy probeer hard om die steekpyne in haar enkel te ignoreer as sy hinkende deur die restaurant beweeg. Maar ‘n verblindende pyn laat haar gou in koue sweet langs die naaste tafel neersyg.
Sy gee op daardie oomblik nie om wie die uitgelese gaste aan die tafel is nie. Sy wil net asem skep voor sy by die deur uit hop.
“Amelie! Ons is so bly jy het besluit om by ons aan te sluit.”
Amelie se mond word kurkdroog van skok. Oorkant haar, knus teen mekaar, sit Adrian en die beeldskone Inge!
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.