kategorieë: Ons menseBekendes

Daneel van der Walt gesels oor vasbyt en ‘Nêrens, Noord-Kaap’ se sterk Suzette

Toe Nêrens, Noord-Kaap in 2021 sy debuut as dramareeks op kykNET gemaak het, was daar ’n handvol spelers wat vir kykers onbekend was. Een van hulle is Daneel van der Walt, die geliefde Suzette wat ná ’n duikongeluk nou in ’n rolstoel is. In onderhoude destyds het Daneel erken sy het amper moed opgegee om ’n groot deurbraak te maak, maar drie jaar later lyk haar loopbaan beter as ooit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Suzette het baie diep in kykers se harte gekruip en hulle was in ’n toestand toe hulle gedink het sy is dalk dood ná die duik in die swembad. Hoekom dink jy praat die karakter so met mense?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis is vir my amazing om te sien hoe mense aanklank by haar vind. Ek dink dit gaan terug na die slim Nico Scheepers (NNK se regisseur) toe wat werklikwaar weet hoe om liefdevolle vroue te skryf. As jy byvoorbeeld kyk na Maggie (Ilse Klink). Dis sterk, liefdevolle vroue. Ook omdat dit so in kontras is met al die ander moeilike dinge wat in die reeks gebeur.

Suzette en klein Lourens het ’n baie hegte band, maar jy en Arnold Swart wat die rol speel ook. Dink jy dit is iets wat in die sterre geskryf was; dat julle twee se paaie kruis?

Arnoldjie. Hy het so ’n spesiale plek in my hart. Dit is dalk iets wat in die sterre geskryf was. Hy was verskriklik skaam met die maak van die eerste seisoen en dis wonderlik om te sien hoe iemand homself regtig leer ken en weet wat hulle uit die lewe wil hê. Dis vir my mooi. Ek dink hy is ’n baie sterk en unieke mens en ek het soveel liefde in my hart vir hom. Hy is een van die redes hoekom ek so dankbaar vir Suzette is.

Voor Nêrens, Noord-Kaap se eerste reeks, was jy amper reg om handdoek in te gooi as aktrise. As jy terug kyk, wat sou jy toe vir jouself gesê het?

Moenie ophou nie. Luister na jou agent. My agent, Suzanne Boje, het vir my gesê: OK, suster, jy gaan nie ophou nie.

Sonder om te veel weg te gee, wat wag nog alles op Suzette in Deel II?

Ek sal graag wil deel, maar mens teken mos nou ’n kontrak en in daardie kontrak sê ek ek sal niks sê nie. So die mense moet maar kyk wat gebeur. Dis al hoe hulle gaan uitvind waarheen die storie gaan. (Lag.)

Daar was Roem, ’n musiekblyspel wat by al die groot kunstefeeste te sien was, die verhoogproduksie Braam en die engel, en nog werk voor die kamera in reekse soos Trompoppie, Fraksie en Koek. Waarmee is jy alles besig en wat is jou planne vir volgende jaar?

Daar was ditjies en datjies tussenin en daar is ’n nuwe reeks, Spooksoeker, wat in Desember op Showmax begin. Volgende jaar? Dis nooit ’n lekker vraag vir ’n akteur nie! Jy kan skryf: Daneel lag baie senuagtig vir 45 sekondes.

Wat hoop jy kom nog op jou lewenspad?

Sjoe! Vrede. Gesonde liefde vir myself. Verskriklik baie treinritte verby mooi plekke. Verskriklik baie liefde. Die geleentheid om stories te vertel tot ek stories van ou mense kan vertel. Grace; met myself en met my medemens. Vreedsaamheid. En so baie kos. Ek dink nie ons praat genoeg oor kos nie.

Nêrens, Noord-Kaap Deel II wys Dinsdagaand om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is ook beskikbaar op Catch Up op DStv Stream.

Lees ook: Nico Scheepers, skrywer en regisseur van Nêrens, Noord-Kaap vertel meer oor Deel II se talentvolle jongspan

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Theresa se angswekkende oomblik in ‘Diepe Waters’ hou kykers op die punt van hul stoele

Dinsdag se episode van die kykNET-telenovela Diepe Waters het kykers se senuwees aan flarde gehad…

14 hours Gelede

Suurlemoenbrood

Maak 1 middelslagbrood   Bestanddele   375 ml (1½ k) koekmeel 10 ml (2 t)…

23 hours Gelede

Wenke om jou troeteldier met Bob Martin te ontvlooi

Lente en somer is sulke heerlike tye van die jaar in Suid-Afrika, veral as jy…

24 hours Gelede

Liane Heyl oor ‘Banana Air’: ‘Ons het net gelag en gelag!’

Dié komediereeks draai om die persoonlike en professionele verhoudings van lugwaardinne en vlieëniers, en elke…

2 days Gelede

Worsiepasta

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Dís wat Jawaahier Petersen se swangerskapnuus vir ‘Suidooster’ beteken

Die Suidooster-aktrise Jawaahier Petersen het onlangs onthul dat sy swanger met haar derde kind is.…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.