Bestanddele
- 250 g dadels
- 5 ml (1 t) koeksoda
- 250 ml (1 k) kookwater
- 250 ml (1 k) suiker
- 125 g botter of margarien
- 2 ekstragroot eiers, geklits
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- 500 ml (2 k) koekmeel
- 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
- 200 g okkerneute (opsioneel), grof gekap
Vulsel
- 150 g dadels, fyn gekerf
- 500 ml (2 k) suiker
- 15 ml (1 e) botter
- 125 ml (½ k) water
- okkerneute, vir versiering
- verglansde vrugte, vir versiering (opsioneel, ons het die koek net liggies met versiersuiker bestuif)
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Voer twee 23 cm-koekpanne met bakpapier uit.
- Strooi die koeksoda oor die dadels, voeg die kookwater by en laat week tot sag. Maak die dadels met die agterkant van ’n vurk fyn.
- Klits die suiker en botter saam en voeg die geklitste eiers by. Sif die bakpoeier en meel saam en voeg by die eiermengsel.
- Voeg die dadels en vanielje by, asook die okkerneute en meng.
- Die mengsel moet sag genoeg wees om van die lepel af te loop.
- Skep die deeg in die bereide koekpanne en bak vir 35-40 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Vulsel
- Kook al die bestanddele saam tot fyn en smeerbaar.
- Laat die koek goed afkoel en smeer die vulsel tussen 2 lae van die koek, asook bo-op, indien verkies.
- Versier met okkerneute en verglansde vrugte, of bestuif met versiersuiker soos ons.