Genoeg vir 10
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Beskuitjies
• 6 dadels, ontpit en fyn gekap
• 75 g sonneblomsaad
• 50 g tefgraan
• 50 g hempsaad
• 50 g pampoensaad
• 135 g hawermout
• 40 g psilliumvesel
• 5 ml (1 t) sout
• 50 g klapperolie
• 250 ml (1 k) water
Hoemoes
• 30 g hempsaad, fyn gemaal
• 1 ml (¼ t) kaneel
• 2,5 ml (½ t) komyn
• 1 ml (¼ t) gerookte paprika
• 2 knoffelhuisies, fyn gekap
• 200 g botterskorsie, geskil en gerooster
• 1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer
• 30 ml (2 e) water
• 80 g tahini
• 60 ml (¼ k) olyfolie
Beskuitjies
Voorverhit die oond tot 160 °C.
1 Verwerk die dadels, sonneblomsaad, tefgraan, hemp- en pampoensaad, hawermout, psilliumvesel, sout en klapperolie in ’n voedselverwerker tot goed gemeng.
2 Skep in ’n groot mengbak, voeg die water by en laat staan vir sowat 15 min. tot al die water geabsorbeer is.
3 Druk die deeg met jou hande bymekaar en rol tussen twee stukke bakpapier uit tot sowat 1 cm dik.
4 Trek die boonste laag bakpapier af en tel die deeg met die bakpapier en al op en sit op die bakplaat. Bak vir 30-35 min. of tot goudkleurig en krakerig.
Hoemoes
5 Verwerk die speserye, knoffelhuisies, botterskorsie, kekerertjies, water en tahini in ’n voedselverwerker tot glad. Hou die olyfolie ’n entjie bo die verwerker en voeg stadig by.
6 Skakel die masjien af en geur met sout en swartpeper.
7 Breek die saadbeskuitjies in stukke en sit met die hoemoes voor.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.