kategorieë: Blogs

Daar’s ’n vrou in elke stad

Dalk die soveelste lughawe-besoek die jaar. Of die talentvolle vroue wie se pad myne die afgelope week of wat gekruis het. Miskien ook die naderende Vrouedag-vieringe wat een-een uit my posbus loer. . .

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoe ookal, ek’t Evas in my kop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lank, lank gelede was die inhoud van vrouetydskrifte my brood en botter. Daardie adrenalien wat ander jou beny, die reuk van ink-deurdrenkte papier wat met slaaptyd nog aan jou vingers kleef, die vrees oor óf vandeesmaand se uitgawe verkoopteikens sal haal. Of nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vandag nog kom min dinge vir my by die destydse opwinding van tydskrif-maak. Ja, die skouerskuur met bekendes en beroemdes is opwindend. Ja, daar’s iets aan eerste weet van die mooiste en die nuutste. Ja, ja en ja.
Maar vir my, aan die sakekant van tydskrif-maak, was die opwindendste die fyn, metodiese en gereelde analise van die vroue in ons divers-uitdagende mark. Anders én eenders.

Destyds het ons geweet die vroue in Johannesburg verskil van die vroue in Pretoria verskil van die vroue in Bloemfontein verskil van die vroue in Durban verskil van die vroue in die Kaap verskil van die vroue in Windhoek. Om van die verskille tussen vroue in die magdom plattelandse dorpies wat die stede verbind nie eens te praat nie. Dan’s daar nog die susters in New York, Londen, Parys, Amsterdam en Milaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vandag? Vandag is tydskrifte my stokperdjie, maar gun ek myself steeds ‘n baie subjektiewe, soms tong-in-die-kies kykie na my mede-Evas. En hoor ek Juffrou Mimi, hoër skool se Afrikaanse engel:


My nooi is in ‘n nartjie
My ouma in kaneel
Daar’s iemand . . . iemand in anys
Daar’s ‘n vrou in elke geur

Kom daardie laaste reël sing my kop: Daar’s ‘n vrou in elke stad.

Askies, Juffrou Mimi. Askies, D.J. Opperman. Of dit nou sin maak, rym of nie. Daar’s ‘n vrou in elke stad.

Want, dink ek, in Johannesburg is die vroue gefokus, haastig, hul hakke hoër, die uitrustings boetiek-sjiek, die naels langer en die blinknuut handsakke keurig gekies om by die hakke, hande, klere en kar (ja, die kar) te pas. In Pretoria praat hulle Afrikaans, klingel polse met klippies-armbande, weet hulle alles (en ‘n tikkie meer) van Joost, Bobby, Steve, Kurt en kie, is hulle afgerond, belese en berese. In Durban is die rokkies korter, die skouers en bene bruiner, die somerwit hare losweg-langer, die toonnaels pers, groen, blou en pienk (allesbehalwe French en rooi). Die handsak ‘n elegante strandsak. En in die Kaap? O, my Kaap. Versigtig trap met ons vroue van die Kaap. Ons oë steel; Kaapse vroue kyk, leen en leer . . . hier en anderkant die see. Vinniger as wat die susters in die ander stede dink.

Dink ek en blaai tussen die magdom geboortedag-foto’s van die kleine prins op my Facebook-muur. Daar is dit. ‘n Koerant-plakkaat met woorde: “Woman has baby”. Tong-in-die-kies, geplaas deur ‘n Adam.

En ek hoor myself sê: Evas-in-my-kop, hoor my mooi. Hier’s net nog ‘n bewys. Daar’s ‘n vrou in elke stad. En dorp. Anders én eenders.

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.