kategorieë: Blogs

Daardie woorde

Vanoggend hoor ek ‘n stukkie fliekmusiek met die naam “We have all the time in the world.” Op die plek hardloop my verbeelding met die titel weg. Ek sien twee mense – geliefdes, hoe dan anders? – wat in mekaar se oë kyk en dié woorde vir mekaar fluister.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Goed, hulle het al die tyd in die wêreld. Om wat te doen?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dalk is die man terug van die oorlogsfront nadat vrede uiteindelik gesluit is. Nou het hulle tyd vir die alledaagse dinge wat, soos Elisabeth Eybers dit gestel het, “heilig” is. Gewone handelinge soos bed opmaak en brood sny, wat ‘n heel ander kwaliteit kry wanneer dit vir of saam met iemand gedoen word. Ek kan my voorstel hoe die kleinste, intiemste gebaar, soos die manier waarop die vrou haar hare uit haar nek vee, ‘n man wat dit lank nie gesien het nie op diep plekke kan raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Miskien word dié woorde gefluister wanneer die pappa en mamma van ‘n nooit-stil-nie tweeling deur die guns van die oupa en ouma ‘n naweek vir hulself het. Skielik is daar tyd om hand aan hand te stap, tydsaam ‘n geurige bad in te tap, om mekaar sonder haas te liefkoos. Dis te sê as die uitgeputte ouerpaar binne twee dae hulle altyd gereed-knoppies kan afskakel (of wakker kan bly)!

Feit is, hierdie frase word nie elke dag in elke huis gehoor nie. Ons het aljimmers iets dringends om te doen. Om te kyk, te lees, of te stuur. Die talle skerms in ons lewe – in die sitkamer, studeerkamer of handsak – laat ons selde los.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek wil hierdie woorde deel van my lewe maak: wanneer ek ‘n stuk werk doen waarin ek graag meer van myself wil sit, wanneer ‘n kind oor ‘n hartsaak gesels, wanneer ‘n vriendin haar ryk ervaring deel. My geliefde, besef ek nou, het lankal die kuns bemeester om van ‘n gesprek ‘n tydlose ruimte te maak.

Miskien verg dit gewoon die gewilligheid om met hart én siel én verstand in die oomblik te wees. Sintuie en al, bewus van die kosbaarheid van hier, van nóú. Of dalk is dit maar net ‘n talent van mense met grysblou oë.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Zandvliet vier 50ste oes

Deur Clifford Roberts. Foto’s: Clifford Roberts      Zandvliet Wynlandgoed in die Breederiviervallei het rede…

6 hours Gelede

Marmelade-en-klapper-koekies

Maak 16 snytjies   Bestanddele   Onderlaag 250 ml (1 k) sagte botter 140 ml…

7 hours Gelede

MSI: Meer as net speletjies – ontmoet die Modern 14 F-reeks

Krag, styl en draagbaarheid vir die moderne beroepsman of -vrou   MSI is al jare…

9 hours Gelede

Margaret oor selfvertroue & snedige kommentaar: ‘Ek’s benoud vir wat mense oor my gaan skryf’

Deur Margaret Gardiner. Foto's: Willem Botha.     Ek het Augustusmaand verlede jaar die eer…

12 hours Gelede

Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?

Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?   Die meeste van ons…

1 day Gelede

Mediterreense groentetert

Terte het ’n gedaantewisseling ondergaan. Hier is ’n groentetert met ’n twist! Resep deur Vickie…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.