kategorieë: Blogs

Daardie angs

Vir iemand wat nog nooit honger gaan slaap of in ‘n leeu vasgeloop het nie, is my angsvlak soms regtig ietwat hoog. Die oorsaak – gene, sensitiwiteit vir ‘n magdom eise, of dalk net ‘n skewe siening van die werklikheid – maak nie saak nie. Wat my interesseer, is hoe ek die angel daaruit kan haal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat nié help nie, is om ander angstiges op te soek. Hoewel dit my minder na ‘n frats laat voel, het angsgolwe uit verskillende bronne ‘n manier om mekaar te versterk. Ek dink die groot woord is konstruktiewe interferensie: mede-angstiges spoor mekaar tot groter hoogtes aan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sommige denkers reken as jy jouself op heterdaad kan betrap terwyl jy besig is om jou angsvlakke eiehandig op te sweep, sal die blote bewustheid kalmerend inwerk. Ek doen dit seker nie volgens voorskrif nie, want dit help net ‘n kleine bietjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ander sê jou gedagtes is die oorsaak van alle angs en jy moet leer om hulle op hok te hou. Yeah, right … party van ons se gedagtes is balhorig!

Wat wel help, is oefening, of om ‘n plek van meditatiewe rus in jouself te vind. Iets in die lyn van “haal diep asem en laat jou sorge gaan.” As iemand nou net duidelike stap-vir-stap aanwysings kon verskaf …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Totdat dit gebeur, gaan ek een keer per uur op my serene seeprentjie fokus. En redes soek om lekker te lag. En geen kans laat verbygaan om na lekker musiek te luister, iets lekkers te eet, iets lekkers te lees, aan iets lekkers te ruik, aan iets lekkers te vat of lekker uit te sien na die Desembervakansie nie. Veral omdat die einste seeprentjie dan werklikheid gaan word!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.