kategorieë: Ontspanning

Daar is iets vir almal by ‘The Five Arts Weekend’ in Barrydale

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Van 5 tot 7 Julie sal die Stormers-afrigter John Dobson en die radiogasheer John Maytham saamspan om vir ‘n onvergeelike naweek te sorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

The Five Arts Weekend, wat aangebied word by die Karoo Art Hotel Barrydale (‘n twee en ‘n halwe uur se ry vanaf Kaapstad), sal verdeel word oor vyf hoofgeleenthede wat oor die kuns van kos, sport en teater strek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Geniet ‘n vertoning by die Belanti, toer jou pad deur Barrydale met stilhouplekke by sy mooiste plase, bemeester die kuns van steak-veroudering, praat strategie met ‘n kundige rugbypaneel, en sluit af met ‘n heerlike babelas-ontbyt-meesterklas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is die volledige program:

Op Vrydag is John Maytham en Emma Kotze op die verhoog van die Belanti te sien met hul trefferprogram ‘The Sin Drinkers’ deur Louis Viljoen. Hierdie vertoning het onlangs by die Baxterteater uitverkoop.


Saterdagoggend sal gaste op hul fietse die pad deur agt van Barrydale se mooiste plase aandurf en by die Joubert Tradauw-wynlandgoed en die Metanoia Gin-distilleerdery inloer.


Leer meer van die kuns van steak-veroudering met ‘n werkswinkel aangebied deur Greg Bax van die bekroonde steakhouse, Rare Grill, gebaseer in Nuweland, Kaapstad.


Die dag eindig met John Maytham wat ‘n kundige paneel (wat bestaan ​​uit John Dobson, Mark Keohane en ‘n geheimsinnige Stormers-speler) aanbied voor ‘n epiese Rugby-toetswedstryd tussen die wêreld se nommer 1-span en die wêreld kampioene in die Belanti.


Greg Bax het ‘n geheime babelasresep wat oor baie jare ontwikkel is wat hy Sondagoggend met gaste sal deel.

Verblyf


Verblyf vir die naweekgeleentheid kan deur die Karoo Art Hotel bespreek word.

Die hotel, voorheen bekend as die Barrydale Karoo Hotel, is ‘n oulike plattelandse hotel in die plaasdorpie wat spog met vyftien eklektiese kamers. Die kunstenaarsherberg is daarop gemik om alle vorme van kreatiwiteit wat oor die Karoo-woestyn blom, te vier.

Indien die hotel vir die naweek vol bespreek is, sal die hotelontvangs raad gee oor nabygeleë gehalteverblyfaanbiedinge.

Om jou naweekverblyf te bespreek, skakel 066 1897 457 of volg hierdie skakel.

Kaartjies


Kaartjies vir elk van die vyf geleenthede kan op Quicket gekoop word. Kies die geleenthede waarin jy balngstel en voeg by jou mandjie.

Pryslys

  • The Sin Drinkers: R105 ‘n kaartjie.
  • Greg Bax Steak Masterclass: R555 ‘n kaartjie.
  • Rugby Paneelbespreking: R55 ‘n kaartjie.
  • Baxie’s Hangover Cure: R105 ‘n kaartjie.


Alle kaartjies kan hier gekoop word. Verkope sluit op 7 Julie 2024.

Lees ook: Stuit die stres met stokperdjies

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

20 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

20 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.