kategorieë: GebakKos

Croquembouche

genoeg vir 12

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 500 ml (2 k) water
• 160 g botter
• 300 g koekmeel
• 6 eiers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vulsel
• 125 ml heuning
• 250 ml mascarpone
• 125 ml room
• 2,5 ml sout

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Versiersel
• 2 eierwitte, liggies geklits
• 10 ml (2 t) suurlemoensap
• 250 g versiersuiker

Karamelgom
• 250 g suiker
• 125 ml (½ k) water

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Maak ’n 30 cm-kegel deur twee A3-kartonne om mekaar te draai. Plak met kleefband vas en sny die onderkant gelyk.
2 Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer 2 bakplate met bakpapier uit.
3 Meng die water en botter in ’n groot kastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt.
4 Trek van die hitte af en voeg die koekmeel op een slag by. Roer met ’n houtlepel tot dit goed gemeng is.
5 Sit terug op die stoof en roer totdat die beslag bymekaarkom en ’n bal vorm – dit sal van die kante af wegtrek.
6 Laat afkoel. Voeg die eiers een-een by en roer deurentyd met ’n houtlepel tot die deeg dik en glansend is.
7 Skep die deeg in ’n spuitsak en spuit klein balletjies op die bakplaat. Sprinkel ’n bietjie water oor die bakplaat om stoom te skep terwyl dit bak.
8 Bak vir 20-25 min. of tot goudkleurig en opgepof.
9 Haal uit en skakel die oond af. Maak ’n gaatjie in elke poffertjie en sit terug op die bakplaat. Sit vir nog 20 min. in die oond totdat die poffertjies uitgedroog is.

Vulsel
10 Verhit die heuning vir 2-4 min. in ’n pan of tot dit liggies gekaramelliseer is. Trek van die hitte af en laat afkoel.
11 Klits die heuning, mascarpone, room en sout vir 2-4 min. tot lig en romerig. Skep die mengsel in ’n spuitsak.
12 Maak ’n gaatjie aan die onderkant van elke poffertjie. Spuit ’n bietjie van die mascarpone-mengsel in elkeen.

Versiering
13 Klits die eierwitte, suurlemoensap en versiersuiker in ’n klein mengbak tot goed gemeng. Doop die bokant van elke poffertjie in die versiersel en laat set.

Karamel
14 Vul ’n groot bak met yswater en hou eenkant. Meng die suiker en water in ’n kastrolletjie oor matige hitte.
15 Roer totdat die suiker gesmelt is. Bring tot kookpunt en kook tot die karamel goudkleurig is.
16 Doop die onderkant van die kastrol in die yswater om die kookproses te stop en te voorkom dat die karamel brand.
17 Smeer ’n bietjie karamel op die onderkant van die poffertjies en plak styf teenmekaar op die voorbereide kegel.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Vinnige salmpasta

Genoeg vir 4. Bestanddele   500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti 250 ml…

4 hours Gelede

Hoe om jou hond se ore skoon te maak

Om jou hond se ore skoon te maak is ’n noodsaaklike deel van sy basiese…

5 hours Gelede

Gevulde soetrissieslaai

Bestanddele   3-4 groot rooi soetrissies, middeldeur gesny, en wit vliesies en pitte verwyder. sout…

5 hours Gelede

10 goed wat jy kan doen om slegte gewoontes hok te slaan

Ons almal het een of ander slegte gewoonte. Die goeie nuus is dat jy dit…

7 hours Gelede

Van speelskool na grootskool: 5 wenke

Van speelskool na grootskool: 5 wenke deur Mariette Snyman. Foto Pixabay   Om by die…

8 hours Gelede

Verleng die lewe van jou swembroek

Met die strandseisoen op ons, kyk ons na die moets en moenies om te verseker…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.