Genoeg vir 4
Hierdie pannekoeke is vol sitrusgeure. Crêpes Suzette is ’n klassieke Franse nagereg wat die toets van tyd deurstaan het. Koop klaarbereide pannekoeke by Woolworths as pannekoekbak na te veel werk klink. Die pannekoekies word tafel toe gebring terwyl die likeur of brandewyn nog brand (flambé) – ’n oulike partytjietruuk as jy gaste wil beïndruk. Wees net versigtig.