Crême brûlée: Omhels Dulux se kleur van die jaar só deur Elandrè Swart. Hooffoto: Dulux.co.za
Die kleur crême brûlée, wat geïnspireer is deur die verskeie kleure en merkwaardige eienskappe van heuning, het ’n warm geelbruin ondertoon. Dié veelsydige en eietydse kleur kan strelend, stimulerend en energiek wees.
Lees ook: Maak suurlemoen brûlée-tert
Saam met die kleur van die jaar is daar vier palette vrygestel, en ons kyk na die eerste twee, “Dink” en “Liefde”.
Dink-palet:
Hierdie kleurpalet kombineer die warm heuningkleur met neutrale kleure en ’n titsel sagte pienk, intense boergonje en ’n gesofistikeerde donkerblou.
In ’n denker se huis heers ’n atmosfeer van kalmte en helderheid, waar jy vry voel om jouself te wees.
Produkte:
Lees ook: Verkoper, kry jou huis reg vir skoudae
Liefde-palet:
“Liefde” is die tweede palet wat nou vrygestel gaan word in die maand van liefde, Februarie.
“Geen kleur bestaan in isolasie nie, nes ons as mense ook nie in isolasie kan bestaan nie” vertel Palesa Ramaisa, ’n Dulux-konsultant. Die motivering agter die liefde-palet is om plekke te skep wat mense bymekaar bring; dis gemeenskaplike spasies waar ons werk, woon en speel.
Lees ook: 4 maniere om nou blommotiewe in jou huis te gebruik
’n Liefdeshuis skep geluk en ’n verwelkomende “oop huis”-atmosfeer waar ons onsslf kan omring met die mense wat vir ons die meeste beteken. Hierdie kleurpalet is die warmste en is bestaan uit donker pigmente en kleure soos donker woudgroen, blougroen en ’n intense terracotta-rooi.
Lees ook: Plante wat enigeen aan die groei kan kry
Produkte
Foto’s in gallery | dulux.co.za
Verskaffers:
Superbalist |superbalist.com
Mr Price Home |mrphome.com
Skinny LaMinx |skinnylaminx.com
@Home |home.co.za
Zara Home |zarahome.com/za
Knus |knus.co
Love Milo |lovemilo.com