kategorieë: KalenderOntspanning

Cowhouse dag-tot-nag mark

In die hartjie van die Hazeldeanvallei is ’n melkplaas wat deesdae ’n unieke versamelingspunt is vir almal wat lief is vir alles handgemaak. Cowhouse Market bied gaste ’n gereelde kuierplek waar hulle ’n plaasomgewing kan ervaar – sonder om ’n voet buite Pretoria te sit. Hier kan jy en jou vriende om piekniektafels smul aan gourmet-kosse en vrugtevolle sangrias van die Udder Bar, of craftbiere van die Hazeldean Brewing Co.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Om die Cowhouse as ’n hedendaagse plaasmark te beskryf is te eenvoudig, wat handgemaakte produkte en tuisgemaakte kosse bied, soos dié van Real Food Mechanix wat Suid-Afrikaanse-Meksikaanse “fusion”-kos maak, of Whiskey Crafters wat unieke mengeldrankies aanbied. Daar is versamelbare antiekware om jou geïnteresseerd te hou en die reuk van handgemaakte leerprodukte verander enige besoeker in ’n gereelde besoeker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir dié wat op fiksheid ingestel is, is daar die HVT Hardloopreeks – Autumn Trial Run saam met Hazeldean Valley Trails en hondeliefhebbers mag hul vierpotiges saambring om deel te wees van die pret.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie mark is ook geleë om vir kinders ’n smakie van die plaaslewe te gee. Vermaak vir die jongspan sluit ponieritte, springkastele, skattejag, fietsrybaan en ons bekende eendresies in.

Terwyl die kinders hul gate uit geniet, kan ouers ontspan in die buitelug en luister na akoestiese klanke van musiekgroepe wat onder die sterrelig optree.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meer inligting

Datum: Saterdag, 26 Augustus 2017

Plek: Cowhouse Market, hoek van Ridge-straat en Silver Lakespad, Pretoria

Tyd: 10vm tot 10nm

Ingang: Gratis

Besoek die Cowhouse facebookblad hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

3 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

4 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

4 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

4 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

5 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.