In die hartjie van die Hazeldeanvallei lê ’n melkplaas wat deesdae ’n unieke versamelingspunt is vir almal wat lief is vir alles handgemaak. Cowhouse Market bied gaste ’n gereelde kuierplek waar hulle ’n plaasomgewing kan ervaar – sonder om ’n voet buite Pretoria te sit. Hier kan jy en jou vriende om piekniektafels smul aan gourmet-kosse en vrugtevolle sangrias van die Udder Bar, of craftbiere van die Hazeldean Brewing Co.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Om die Cowhouse as ’n hedendaagse plaasmark te beskryf is te eenvoudig, wat handgemaakte produkte en tuisgemaakte kosse bied, soos dié van Real Food Mechanix wat Suid-Afrikaanse-Meksikaanse “fusion”-kos maak, of Whiskey Crafters wat unieke mengeldrankies aanbied. Daar is versamelbare antiekware om jou geïnteresseerd te hou en die reuk van handgemaakte leerprodukte verander enige besoeker in ’n gereelde besoeker.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Vir dié wat op fiksheid ingestel is, is daar die HVT Hardloopreeks – Autumn Trial Run saam met Hazeldean Valley Trails en hondeliefhebbers mag hul vierpotiges saambring om deel te wees van die pret.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hierdie mark is ook so geleë om vir kinders ’n smakie van die plaaslewe te gee. Vermaak vir die jongspan sluit in ponieritte, springkastele, skattejag, fietsrybaan en ’n gewilde eendresies.
Terwyl die kinders hul gate uit geniet, kan ouers ontspan in die buitelug en luister na akoestiese klanke van musiekgroepe wat onder die sterrelig optree.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Datum: Saterdag, 28 Oktober 2017
Plek: Cowhouse Market, hoek van Ridgestraat en die Silver Lakes Pad, Pretoria
Tyd: 10vm – 10nm
Toegang: Gratis
Besoek ook die Cowhouse Facebookblad
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.