Cowboy-steak met die lekkerste, krakerige tjips deur Vickie de Beer. Foto: Lee Schwagele van CRPhotographic
Cowboy-steak met die lekkerste, krakerige tjips
Ingredients
- Steak
- • 1 x 650 g verouderde T-been-steak (4 cm dik gesny)
- • 30 ml (2 e) olyfolie
- • 50 g botter
- • 2 knoffelhuisies, geskil en gekneus
- • ’n hand vol tiemietakkies
- Krakerige tjips
- • 500 g middelslag-aartappels, geskrop, afgespoel en in dik tjips gesny
- • 45 ml (3 e) olyfolie
- • 1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap
- • 10 ml (2 t) gerookte paprika
- • 1 roosmaryntakkie
- • 10 ml (2 t) seesoutvlokkies soos Maldon
- • 45 ml (3 e) semolinameel of polenta
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 200 ˚C.
2 Geur die steak die vorige aand reeds aan albei kante met Maldonsout.
3 Sit oornag in die yskas in ’n houer wat dig seël.
4 Haal die steak al vroeg uit die yskas sodat dit kamertemperatuur bereik.
Tjips
1 Meng die olyfolie, knoffel, paprika, roosmaryn, sout en semolina in ’n groot mengbak. Gooi die tjips by en roer met jou hande deur die olie.
2 Pak die aartappels plat uit op ’n groot bakplaat - maak seker hulle lê nie op mekaar nie.
3 Rooster vir sowat 45-60 min. tot die tjips bros en goudkleurig is. Roer eenkeer gedurende die bakslag deur en draai die pan om sodat die aartappels eweredig bak.
4 Haal uit en hou eenkant.
5 Verhit ’n swaarboom-potyster-riffelpan met die helfte van die olie tot die pan net begin rook.
6 Gebruik ’n knyptang om die steak gaar te maak. Braai die steak vir 4-5 min. aan ’n kant oor hoë hitte.
7 Haal uit en laat rus vir 4 min.
Net voor julle aansit
1 Verhit die pan weer oor matige hitte en smelt die botter daarin saam met die knoffel en kruie.
2 Sit die steak terug in die pan en braai vir 2 min. tot deurwarm terwyl jy heeltyd die botter oor die steak skep.
3 Sny die steak in repies en sit met die tjips voor.