kategorieë: LeesOntspanning

Corlia Fourie: Die geheime kamer

Sy is laat vanaand. Baie laat. Gewoonlik stop sy voor een al in die parkeerplek voor die woonstelblok.Nou is dit byna halftwee en sy is nog nie hier nie. Sou sy vanaand van alle aande gekies het om iewers oor te slaap? Maar vandat hy haar begin dophou het, het sy dit nog nooit gedoen nie. Nee wat, sy het seker net iewers aan die gesels geraak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Alles wat hy gaan nodig kry, lê reg op die sitplek langs hom. Hy hoef nie weer te check nie. Onder by die voetekant van die passasiersitplek is daar ’n pakkie Woolworths-toebroodjies en ’n rooi fles. Die sterk swart, soet filterkoffie in die fles is vroegaand reeds opgedrink. Maar hy was nog nie lus vir die toebroodjies nie, al het hy sy middagete twaalfuur reeds in ’n koffiehuis hier naby geëet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hy luister na Beethoven se negende klavierkonsert terwyl hy wag. Dis ’n Deutsche Grammaphon Gesellschaft-CD. Von Karajan is die dirigent. Hy speel die CD oor en oor. Wanneer die musiek ’n klimaks bereik, speel hy met sy vingers op die stuurwiel. Sy kop skeef, soos hy maak as hy intens luister. Hy is kalm, met net so ’n bietjie lewendigheid in sy maag. Net genoeg om hom wakker en gereed te hou. Al sy planne is goed uitgewerk en maklik uitvoerbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy maak die kassie aan die passasiersdeel van die motor oop. Aan die binnekant van die deurtjie is twee foto’s. Die een naaste aan die deur is ’n foto van die Mona Lisa, uit ’n kunsboek geknip. Langs haar, die foto van ’n blonde vrou, tussen twintig en vyf en twintig, met haar reguit hare kenlengte geknip, haar kop en oë effe weggedraai van die kamera sodat hy nie die kleur kan sien nie. Hy weet dat dit ’n intense blou is.

Hy haal wit-en-swart gebedekrale uit die kassie en laat dit met ’n ritmiese beweging stadig tussen sy vingers deurgly en dan weer terug. Hy hoor ’n motor in die straat op ry. Dit klink na ’n Golf. “… sonder om moeg te word, sonder om een keer te twyfel …” Die Golf ry by die hek in … “Waar U en ek aan die …” Dit ís haar Golf. Hy stroop die gebedekrale van sy hand af en sit dit terug, maar maak nie die kassie toe nie. Sy parkeer die motor naby die ingang. Hy glip sy latekshandskoene aan, maak die watte nat uit ’n bottel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Draai die prop weer op. Hy maak sy deur oop, en toe sy afbuk om haar handsak van die vloer aan die passasierskant af op te tel, klim hy uit. Toe sy regop kom en die deur toemaak, is hy by haar.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

24 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.